Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB-metro beloof om dié toelaes gou goed te keur

Nog geen vordering is gemaak om die sowat R6 miljoen wat as finansiële hulp vir verskillende liefdadigheidsorganisasies in die Nelson Mandelabaai-metro geoormerk is, uit te betaal nie.

Twee van die vergaderings van die metro se begrotings-en-tesourie-komitee is in November verdaag sonder dat die verskillende aansoeke vir finansiële bystand bespreek of goedgekeur is.

Die geld was veronderstel om nog voor Desember in die bankrekeninge van net meer as 160 organisasies te wees.

Leander Kruger, die DA se woordvoerder oor begroting en tesourie in die metro, het Donderdag gesê dit is onaanvaarbaar dat die organisasies steeds wag op hul 2019-toelaes. Hy het ’n brief aan Buyelwa Mafaya, die speaker, en Mkhuseli Mtsila, burgemeesterskomiteelid vir begroting en tesourie, gerig, om ’n dringende vergadering aan te vra met die komitee sodat die nodige goedkeuring gegee kan word en die item deel vorm van die agenda van die raadsvergadering wat vir 30 Januarie belê is.

Mkhuseli Mtsila, burgemeesterskomiteelid vir begroting en tesourie in die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Son
Leander Kruger, die DA se woordvoerder oor begroting en tesourie in die Nelson Mandelabaai-metro. Foto: Facebook

“Dít sal sorg dat hierdie geld aan die behoeftige ontvangers betaal kan word,” sê Kruger.

Mtsila het Vrydag gesê hy het nog nie Kruger se versoekskrif ontvang nie, maar is bereid om die vergadering so gou as moontlik te hou.

“Ek besef ten volle wat die implikasies van die vertragings met die uitbetalings aan die liefdadigheidsorganisasies is. As dit nodig is, sal ek selfs die vergadering Sondagaand hou om sake af te handel.”

Hy het ook die skuld vir die verdaging van die vorige twee vergaderings voor die deur van raadslede gepak wat alles in die stryd gewerp het om Mongameli Bobani uit sy amp as burgemeester te onthef.

“Daardie vergaderings was gedurende die tydperk wat sommige raadslede meer gefokus was om Bobani te verwyder, en daarom het hulle vergaderings laat doodloop.

“Ek besef ons mense ly as gevolg van die geveg met Bobani,” het Mtsila gesê.

Bobani is op die vorige raadsvergadering op 5 Desember by wyse van ’n wantrouemosie deur raadslede uit die kussing gelig. Thsonono Buyeye tree intussen as waarnemende burgemeester op.

Hoewel die verkiesing van ’n nuwe burgemeester waarskynlik Donderdag op die raadsvergadering bespreek sal word, is Kruger hoopvol dat die item vir die uitbetaal van toelaes aan organisasies ook die agenda sal haal, indien die komitee betyds kan vergader.

“Vertragings vir finansiering aan dié organisasies het ’n regstreekse uitwerking op die armste en kwesbaarste (inwoners) van die metro en moet eenvoudig nie toegelaat word nie,” het Kruger gesê.

Vrydagoggend het Mtsila ook die versekering gegee dat hy daartoe verbind is om die vergadering te hou en die nodige kworum teenwoordig te hê voor die raadsvergadering.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.