Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB-metro span eindelik sy motorfietse in

Die verkeersafdeling van die Nelson Mandelabaai-(NMB) metro het sy motorfietseenheid Vrydag herbekendgestel en het groot planne om dit teen einde volgende jaar uit te brei met rekrute wat plaaslik gewerf sal word.

Die motorfietse wat hiervoor ingespan sal word, “vergaar reeds sedert 2010 stof,” sê Noluthando Pink, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid.

Dit is aanvanklik aangeskaf vir gebruik gedurende die Wêreldbeker-sokkertoernooi, maar “is nooit optimaal gebruik nie”, volgens Warren Prins, hoof van die NMB-metro se afdeling vir verkeer en lisensiëring.

Nege van die tien motorfietse wat destyds aangeskaf is, sal van Maandag af op die metro se paaie diens doen. Die tiende motorfiets moet eers herstel word.

Pink sê dit moes lankal gebeur het omdat die geld wat gebruik is om die motorfietse aan te skaf “as’t ware op verkwistende besteding neerkom”.

“Noudat ons die motorfietseenheid herbekendstel, gaan dit ’n groot verskil maak. Tydens spitsverkeer kan beamptes op die motorfietse maklik deur die verkeer beweeg om by noodgevalle uit te kom. Dit gaan baie help om dienslewering te verbeter.”

Vuyelwa Manana maak geskiedenis as die eerste vrouelid van die nuutgestigte motorfietsafdeling.

Prins sê die motorfietse sal van Maandag af in spesifieke gebiede in bedryf wees.

Meer oor:  Motorfietse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.