Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB-metro stem weer nie oor begroting

Die Nelson Mandelabaai-metro het nie Woensdag oor die voorgestelde begroting gestem nie, omdat opposisiepartye eers ’n regsmening oor die egtheid van die dokument wil bekom.
Die spesiale raadsvergadering is tot 12 Junie uitgestel, wanneer die raad na verwagting oor die begroting sal stem.

Athol Trollip, burgemeester, het verlede week op ’n vorige spesiale raadsvergadering gesê as die begroting nie teen einde Junie goedgekeur is nie, kan die stad onder administrasie geplaas word.

Athol Trollip, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro.

Tshonono Buyeye van die AIC en Mkhuseli Mtsila van die UF het albei kapsie gemaak teen die begroting.

Mtsila sê hulle weier om die begroting te ondersteun, omdat dit nie aan die wetlike vereistes voldoen nie.

Hy sê hulle het met ander munisipaliteite se finansiële hoofde gekonsulteer en is ingelig dat die stadsbestuurder wel die begroting moet onderteken voordat die raad daaroor kan stem.
Hy het ook meer tyd nodig om die begroting te bestudeer voor hy dit sal kan aanvaar.

Buyeye sê hy sal gerus wees as ’n regsmening gekry word oor die kwessie of die begroting wel deur die stadsbestuurder onderteken moet word, voordat hy die begroting kan steun.
Retief Odendaal, burgemeesterskomiteelid vir begroting en tesourie, het op die versoek van Trollip die reël aangehaal waarin kwessie oor die ondertekening van die begroting bespreek word.

Volgens Trollip dui die reël duidelik aan dat die goedgekeurde of aanvaarde begroting deur die stadsbestuurder onderteken moet word.

Maar opposisielede was steeds nie tevrede nie.

Jonathan Lawack, speaker, het toe gehoor gegee aan voorstelle van die raadslede wat ’n regsmening wil kry, asook insae van die nasionale tesourier, voordat die kwessie afgehandel word.

Meer oor:  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Athol Trollip  |  Administrasie  |  Da  |  Stemmery  |  Anc  |  Begroting  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.