Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB se tydelike munisipale bestuurder agter tralies

Nelson Mandelabaai se omstrede waarnemende munisipale bestuurder is een van twee mense wat Vrydagoggend douvoordag weens beweerde tenderbedrog vasgetrek is.

Mvuleni Mapu was die direkteur van behuising toe die beweerde tenderbedrog in 2014 en 2015 plaasgevind het.

Hy is later uit dié amp geskors.

Nqaba Bhanga, provinsiale leier van die DA, sê in reaksie die DA was sterk daarteen gekant toe hy as waarnemende munisipale bestuurder aangestel is “ondanks dissiplinêre aanklagte teen hom en ’n donker wolk van omstredenheid wat al jare oor hom hang”.

Netwerk24 het vroeër berig dat Mapu en ’n plaaslike sakevrou, Ntanga Mkwakwi, Vrydagoggend vroeg in hegtenis geneem is.

Volgens die Valke is Mapu omstreeks 04:55 by sy huis in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie, terwyl Mkwakwi, wat ’n konstruksiemaatskappy besit, omstreeks 05:30 by haar huis in hegtenis geneem is.

Die munisipale bestuurder en die direkteur van Jeke en Qadi, ’n konstruksiemaatskappy, het na bewering saamgesweer om die Oos-Kaapse departement van menslike nedersettings te mislei om verskeie behuisingsontwikkelingsprojekte van sowat R13 miljoen in Port Elizabeth te finansier.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, sê Mapu word daarvan aangekla dat hy R900 000 van ’n kontrakteur ontvang het in ruil vir ’n behuisingstender.

“Die munisipale bestuurder en die direkteur van Jeke en Qadi, ’n konstruksiemaatskappy, het na bewering saamgesweer om die Oos-Kaapse departement van menslike nedersettings te mislei om verskeie behuisingsontwikkelingsprojekte van sowat R13 miljoen in Port Elizabeth te finansier. Die munisipaliteit het opgetree as die ontwikkelaar van die projekte en kontrakteurs is van ’n munisipale databasis af aangestel om die werk te doen,” sê Ramovha.

Die Valke beweer Mapu het in 2014 ingemeng met die bodkomitee om te verseker dat die betrokke konstruksiemaatskappy die kontrakte kry.

Mapu en Mkwakwi het Vrydag in die spesiale handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn, waar hulle elk op borgtog van R20 000 vrygelaat is.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê ingevolge hul borgtogvoorwaardes is albei onder huisarres. Hulle mag geen van die metro se munisipale geboue besoek nie.

Die twee is ook verbied om met die ondersoek of enige getuies in die saak in te meng.

Meer oor:  Munisipale Bestuurder  |  Nmb  |  Mvuleni Mapu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.