Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB: Speaker wou hê taksbetalers moet regskoste dek

Die ANC in Nelson Mandelabaai wou hê die munisipaliteit moes besluit oor beleid wat aan die speaker die magtiging sou gee om belastingbetalersgeld te gebruik om die regskoste van drie verloopte DA-raadslede te betaal.

Die drie – Victor Manyati, Trevor Louw en Neville Higgins – het die DA na die hooggeregshof in Port Elizabeth gesleep kort nadat Athol Trollip, voormalige DA-burgemeester, se kop gerol het.

Speaker Buyelwa MafayaFoto: Lulama Zenzile

Manyati het in Augustus verlede jaar die deurslag gegee dat ’n mosie van wantroue teen Trollip slaag deurdat hy sy stem weerhou het.

Hy bly ’n DA-raadslid totdat die DA se interne prosesse teen hom afgehandel is.

Louw en Higgins se setels is vakant verklaar en hul DA-lidmaatskap is beëindig nadat hulle ná Trollip se verwydering teen die DA op raadsvergaderings begin stem het. Hulle het die DA hieroor hof toe geneem, maar die hof het in die DA se guns beslis.

Buyelwa Mafaya, ANC-speaker van die metroraad, het op verlede Donderdag se raadsvergadering ’n geskrewe item aan raadslede laat uitdeel. Dit was nie ’n besprekingspunt op die agenda nie.

Hiervolgens wou Mafaya hê die raad moet beleid aanvaar wat haar toelaat om te besluit of die munisipaliteit vir raadslede se regskoste moet opdok.

Die item is egter nie Donderdag bespreek nie omdat die raad nie ’n kworum gehad het nie.

Toe haar versoek op Dinsdag se raadsvergadering bespreek moes word, het sy aangekondig die item word teruggetrek.

Mafaya het geen verdere verduideliking hiervoor gegee nie.

Raadslede van die DA het daarop gewys dat mense soos die ANC se Andile Lungisa ook wil hê daar moet vir sy regskoste betaal word.

Die party het met regstappe gedreig indien Mafaya se versoek goedgekeur word.

Die DA meen dit is onwettig om die regskoste te betaal van raadslede wat in hul private hoedanigheid regstappe doen.

Dit is in die stadium nog onduidelik of Mafaya se versoek weer voorgelê gaan word.

Meer oor:  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Regskoste  |  Politiek  |  Anc  |  Speaker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.