Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB: Mettler stap uit vergadering
Johann Mettler

Fikile Xasa, Oos-Kaapse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, gaan inderhaas ’n afgevaardigde stuur om die Nelson Mandelabaai-metro se raadsvergadering oor te neem.

Dit kom nadat Johann Mettler, die stadsbestuurder, sy goed opgepak en by die raadsaal uitgeloop het.

Mettler en lede van die opposisiepartye het koppe gestamp oor Mettler se aankondiging dat daar ’n pos in die raad beskikbaar is nadat die DA vir Mbulelo Manyati geskors het.

Voordat Mettler geloop het, was die opposisie vasbeslote dat hulle wél ’n kworum het, met Manyati ingesluit. Hulle wou hê Mettler moet die verkiesingsproses van ’n nuwe speaker hanteer.

Die opposisie is van mening dat Manyati ’n raadslid bly omdat hy sy skorsing gaan teenstaan.

Mongameli Bobani van die UDM sê Manyati bly ’n raadslid hangende die appèlproses teen sy skorsing.

Die opposisie wag nou vir verdere instruksies van Xasa.

Mettler wou later, volgens 'n SMS-boodskap, sy aankondiging terugtrek dat daar 'n oop pos in die raad bestaan. Mettler het glo die SMS aan die raad gestuur. 

Die ANC se Rory Riorden het die SMS aan lede van die opposisiepartye voorgelees. 

Volgens dié SMS het Mettler regsadvies gaan inwin ná sy aankondiging. 

Hy wil luidens die SMS Dinsdag 'n raadsvergadering belê, maar lede van die opposisie weier. 

Die opposisie is dit eens dat hulle eerder vir instruksies gaan wag van Xasa.

Daar is tans niemand aan die stuur van die raadsvergadering nie.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.