Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB: Werk by wateraanleg lei dalk tot onderbrekings

Die Nelson Mandelabaai-metro het inwoners Dinsdag ingelig dat Eskom noodsaaklike elektriese herstelwerk by die Nooitgedacht-watersuiweringsaanleg doen.

Mongameli Bobani, burgemeesterskomiteelid en hoof van die metro se komitee vir infrastruktuur, elektrisiteit en ingenieurswese, sê Eskom werk aan die hooftoevoerlyn wat Nooitgedacht van elektrisiteit voorsien.

Volgens Bobani kan inwoners van Coega, Motherwell en Chatty dalk onderbrekings in hul watertoevoer ondervind terwyl Eskom se werkers besig is.

Waterbesparing

“Inwoners word versoek om water te bespaar sodat die stelsel vinniger kan herstel sodra die elektrisiteit aangeskakel word. As inwoners water spaarsamig gebruik, behoort ons genoeg water van die reservoirs af te kry.

“Die teenoorgestelde beteken dat sommige areas sonder water gaan wees.”

Bobani het verlede week, toe die stad waterprobleme ervaar het, gesê dat die stad 60% van sy water van Nooitgedacht af kry. Daarna word die water na die verskillende woonbuurte versprei.

Watermeter

Hy het bygevoeg dat die gevolge katastrofies sal wees indien die Nooitgedacht-skema nie water verskaf nie.

Strenger waterbeperkings is onlangs weens die waterprobleme en nypende droogte ingestel.

In alle huishoudings mag ’n persoon slegs 50 liter water per dag gebruik, of 15 kiloliter water per huishouding per maand.

Huishoudings met buitensporige waterverbruik gaan by wyse van ’n watermeter beperk word tot 15 kiloliter per maand.

’n Watermeter gaan by alle huishoudings geïnstalleer word om waterdruk en waterverliese te verminder.

Die gebruik van munisipale water om tuine nat te lei, motors te was en om swembaddens en fonteine vol te maak word verbied.

Meer oor:  Nmb  |  Wateraanleg  |  Wateronderbrekings  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.