Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
NMB wil aantal metertaxi’s beperk

Die Nelson Mandelabaai-metro se planne om die getal metertaxi’s wat in Port Elizabeth bedrywig is, tot net 513 te beperk, kan slegte gevolge hê vir diensverskaffers soos Uber en Bolt (Taxify).

Die metro se komitee vir paaie en vervoer het ’n verslag saamgestel wat hul planne hiervoor uiteensit. Luidens die verslag word die metro oorval met honderde nuwe aansoeke vir operateurslisensies, maar hulle is van voorneme om ’n moratorium van twee jaar op die goedkeuring van enige nuwe lisensies te plaas.

Volgens die metro is daar reeds 414 nuwe aansoeke. Die aansoeke is op die lange baan geskuif terwyl die metro ondersoek instel oor die toename in metertaxi’s om te keer dat hulle te veel word.

As deel van hul ondersoek wil die metro kyk na die aanvraag vir die diens, en verskeie probleme wat ondervind word in die bedryf.

Daar is 241 operateurs met geldige lisensies. Die metro gaan net ’n verdere 272 nuwe lisensies goedgekeur om die getal tot 513 te bring.

Die aansoeke vir lisensies word behartig deur die provinsiale reguleringsentiteit wat deel is van die departement van vervoer in die Oos-Kaap.

Die nasionale Landvervoerwet reguleer nie metertaxi’s nie.

In Johannesburg is daar 2 000 metertaxi’s, 1 624 in Durban en 1 500 in Kaapstad.

“Weens ’n gebrek aan hulpbronne kan die ondersoek tot twee jaar neem om af te handel. Ons moet dus ’n moratorium plaas op die uitreiking van enige nuwe lisensies,” lui die metro se verslag.

“Dit is om te voorkom dat diensverskaffers hul geld mors om aansoek te doen vir operateurslisensies wat nie goedgekeur gaan word nie.”

Meer oor:  Uber  |  Bolt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.