Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Nóg miljoene by Mangaung se busprojek ingepomp

Nog miljoene rande gaan volgens die Mangaung-metro se konsepbegroting oor die volgende drie begrotingsjare aan die metro se beplande busprojek bestee word.

Dié projek is al in 2014 aangekondig en die ouditeur-generaal (OG) het reeds in sy 2018-’19-verslag sy kommer uitgespreek oor die busdiens wat sukkel om op die been te kom terwyl soveel geld reeds daaraan bestee is.

Honderdmiljoene rande is reeds aan die projek bestee en daar het selfs al busse in die stad aangekom as deel van die projek – maar ná al die jare is die Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk (IPTN) steeds nie op dreef nie.

Van die Hauweng-busse wat reeds in Bloemfontein aangekom het, maar nog nie in gebruik geneem is nie. Foto: Verskaf
Honderdmiljoene rande is al op die Mangaung-metro se Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk bestee sonder dat die diens beskikbaar is. Foto: Verskaf
Die Mangaung-metro met Olly Mlamleli, uitgeskopte voormalige burgemeester aan die spits, het die beplande Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk jare lank onder die naam Hauweng (Kom ons gaan) bemark. Maar ten spyte van al die geld wat daaraan bestee word, het die busnetwerk nog nêrens heen gegaan nie. Foto: Verskaf

Die konsepbegroting vir die boekjaar 2021-’22 is op die metro se jongste raadsvergadering ter tafel gelê en die publiek het tot 21 April om hul besware te lug.

Die openbare busdiens val onder die begroting van die stadsbestuurder se kantoor.

Daar word nou vir die volgende uitgawes begroot:

• Die tweede fase van die oprigting van die hoofroete: R41 miljoen oor die volgende drie jaar, waarvan R1 miljoen in die 2021-’22-boekjaar sal wees.

• Die busdepot: R70 miljoen, waarvan R30 miljoen vir 2021-’22-boekjaar sal wees.

• Vir die oop busstasies: R12 miljoen, waarvan R5 miljoen in 2021-’22-boekjaar sal wees.

• Vir bushaltes: R1 miljoen, met die volle bedrag vir 2021-’22-boekjaar.

• Vir die IPTN se inligtingstelsel: R4,5 miljoen, waarvan R2 miljoen vir 2021-’22-boekjaar sal wees.

• Vir die fase 1B-hoofroete: R30,9 miljoen, waarvan R907 551 vir 2021-’22-boekjaar sal wees.

• Vir oorklimgeriewe: R15,750 miljoen begroot, waarvan R5,750 miljoen vir 2021-’22-boekjaar sal wees.

• Vir nywerheidsinligting: R48,7 miljoen vir die 2021-’22-boekjaar.

• Vir onregstreekse bedryfsuitgawes: R43,087 miljoen vir die 2021-’22-boekjaar.

• Vir die IPTN-busvloot: R36 miljoen oor die volgende drie begrotingsjare, met R26 miljoen vir die 2021-’22-, R5 miljoen vir die 2022-’23- en R5 miljoen vir die 2023-’24-boekjaar sal wees.

Van die ander kapitaalbegrotings in die konsepdokument is:

• Die Bloemfonteinse dieretuin: R4,5 miljoen oor drie jaar, waarvan R1 miljoen vir die 2021-’22-boekjaar is.

• Oprigting van ’n begraafplaas by Tierpoort: R9,123 miljoen oor drie jaar, waarvan R403 036 vir die 2021-’22-boekjaar is.

Meer oor:  Mangaung  |  Busprojek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.