Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Nóg R8 m. vir W-Kaapse veiligheidsplan verwelkom

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Donderdag ’n bykomende R8,4 miljoen vir sy departement verwelkom om die Wes-Kaapse veiligheidsplan te implementeer.

Fritz het ná die stem oor sy departement se begroting die oggend in die Wes-Kaapse wetgewer daarop gewys dat dit een van die min provinsiale departemente is wat met die tweede aansuiweringsbegroting vir die boekjaar 2020-’21 ’n groter toewysing ontvang.

Met die eerste aansuiwering is die geraamde toewysing aan die departement van R804 miljoen tot R776 miljoen gewysig om vir die uitwerking van die Covid-19 pandemie voorsiening te maak.

Dit is in die tweede aansuiwering tot R784 miljoen aangepas, luidens ’n verklaring.

Volgens Fritz maak die implementasie van die provinsiale veiligheidsplan deel uit van die Wes-Kaapse regering se herstelplan na aanleiding van die pandemie en inperkings.

Die tweede aansuiweringsbegroting maak onder meer voorsiening vir ’n bedrag van R2 miljoen vir die veiligheidsplan se area-gebaseerde spanne in misdaadbrandpunte en R2 miljoen vir opleiding en plasing van vredesbeamptes.

Die departement het ook reeds R20 miljoen ontvang vir ’n projek om 1 000 vredesambassadeurs te werf, op te lei en ontplooi. Dit sal jeugdiges, vroue en mense met gestremdhede insluit as “geweldsvoorkomingspraktisyns”.

“Die rekrute sal nie net in skole en munisipaliteite werk nie, maar ook in hul gemeenskappe. Namate ons ’n herlewing van Covid-19 gevalle beleef, sal veiligheidsambassadeurs verder bystand aan hul gemeenskappe lewer om aan die Covid-19 veiligheidsprotokols en regulasies te voldoen.”

Meer oor:  Albert Fritz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.