Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Noorde van Jhb sonder krag ná ontploffing by kragstasie

’n Ontploffing by ’n kragstasie in Bryanston, Johannesburg, het dié voorstad en verskeie omliggende gebiede Saterdag sonder elektrisiteit gelaat.

City Power sê die ontploffing by die Brynorth-substasie raak onder meer Bryanston, River Club, Douglasdale, Epsom Downs, en Kleve Hill Park en Morningside.

City Power het aanvanklike op Twitter gesê die ontploffing het “aan Eskom se kant van die netwerk gebeur”, maar dit later reggestel dat dit eintlik aan CityPower se kant gebeur het.

Isaac Mangena, City Power-woordvoerder, sê ’n ondersoek is reeds aan die gang om die oorsaak en omvang van die skade te bepaal.

“Ons weet nog nie wanneer die kragtoevoer weer herstel sal sal wees nie, maar tegnici werk sonder ophou daaraan.”

Verkeersligte op onder meer William Nicol-rylaan word geraak,” sê City Power.

Volg @CityPowerJhb op Twitter vir die jongste.

Meer oor:  Citypower  |  Bryanston  |  Kragonderbreking  |  Elektrisiteit  |  Kragstasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.