Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Noordwes-hoë geskors oor R150 m. by VBS

Die raad van die distriksmunisipaliteit wat die Vryburg-omgewing bedien, het sy munisipale bestuurder ’n tweede keer vanjaar geskors omdat hy glo R150 miljoen by die nou omstrede VBS Mutual-bank belê het.

Joseph Motlhasedi, woordvoerder van die dr. Ruth Segomotsi Mompati-distriksmunisipaliteit in Noordwes, het Donderdag by navraag gesê Boitumelo Mahlangu, die uitvoerende burgemeester, is verlede week boonop vir 30 dae op spesiale verlof geplaas omdat sy glo nie raadsbesluite uitgevoer het nie.

Dit sluit onder meer in dat sy na bewering op eie houtjie besluit het om Jerry Mononela, die geskorste munisipale bestuurder, weer aan te stel sonder dat sy dit met die raad bespreek het. “Dit het die munisipaliteit se naam skade berokken,” sê Motlhasedi.

Volgens hom is Mononela reeds in Maart vanjaar weens die belegging by VBS geskors, en is dié skorsing nou verleng.

“Hy het die eerste sitting van sy tugverhoor verlede maand (in Junie) bygewoon, maar nie opgedaag vir die tweede sitting op 12 Julie nie. Daarna het hy skielik weer vir diens opgedaag voordat die tugverhoor afgehandel is. Hy het homself in sy kantoor wat gesluit was, ingedwing.”

Mpho Mothibi is as waarnemende munisipale bestuurder aangestel en Kgalalelo Sereko as waarnemende uitvoerende burgemeester.

Mononela en Mahlangu het nie hul selfone beantwoord of op boodskappe gereageer toe hulle vir kommentaar genader is nie.

Meer oor:  Noordwes  |  Skorsing  |  Munisipaliteit  |  Munisipale Bestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.