Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Noordwes ‘se paaie van die dood’ kwel

Die provinsiale paaie in Noordwes is in so ’n swak toestand dat dit “paaie van die dood” genoem word.

Tog het die provinsie se paaiedepartement glo R105 miljoen na die nasionale tesourie teruggestuur.

Volgens Carín Visser, die DA-koukus se leier in die Noordwes-wetgewer, het dít onlangs op ’n sitting van die provinsie se openbare-rekeninge-komitee geblyk. Die rede wat glo aangevoer is vir dié onderbesteding, is dat die R105 miljoen nie voldoende is om enige projekte te finansier nie.

Visser sê dis onsin. “Die geld kon baie goed gebruik word om onder meer die R507 tussen Ottosdal en Delareyville, die pad van Sannieshof na Rostrataville, en vanaf Delareyville na Setlagole te herstel. Hierdie paaie is in ’n verskriklike toestand.”

Visser beskuldig die Noordwes-regering daarvan dat hy nie mense se veiligheid in ag neem nie, en dat paaie in die provinsie ’n “doodslokval” is.

Mathsube Mfoloe, kommunikasiehoof van Noordwes se departement van openbare werke en paaie, het ontvangs erken van die talle vrae wat Netwerk24 reeds Woensdag oor die kwessie gestuur het.

“Dis ’n skreiende skande dat slegs nasionale paaie in die provinsie, wat die nasionale regering se verantwoordelikheid is, aandag geniet. Onopgeleide en onbekwame kontrakteurs se slordige werk het daartoe gelei dat die paaiedepartement miljoene verkwis het.”

Visser sê padgebruikers in die Kagisano-Molopo-munisipaliteit wat onder meer Tosca bedien, is vergete vir die departement. “Grondpaaie in die Tosca-gebied word glad nie in stand gehou nie al produseer boere hier 75% van die land se saadaartappels omdat die grond hier onbesoedel is.”

Volgens Visser word op elk van dié plase 200 werkgeleenthede geskep, maar die paaie in die omgewing is in so ’n slegte toestand dat vragmotors nie by die plase kan uitkom om die saadaartappels te gaan haal nie. “Dit lei tot groot geldelike verliese.”

Visser sê die boere is nou al so desperaat dat hulle die paaie self in stand hou sodat siek mense na hospitale geneem kan word, afleweringsvoertuie kos kan bring en kinders skool toe kan gaan. “Indien die DA regeer, sal ons seker maak die paaie en infrastruktuur in die provinsie word behoorlik bestuur en in stand gehou.”

Mathsube Mfoloe, kommunikasiehoof van Noordwes se departement van openbare werke en paaie, het ontvangs erken van die talle vrae wat Netwerk24 reeds Woensdag oor die kwessie gestuur het. Hy het gesê die departement sal op die “regte tyd en forum en ingevolge die regte protokol” hierop reageer.

Meer oor:  Carín Visser  |  Noordwes  |  Paaie Van Die Dood  |  Padveiligheid  |  Ongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.