Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Nuwe burgemeester vir Beaufort-Wes aangewys
Jackson Penxa (links, waarnemende munisipale bestuurder, Beaufort-Wes, Quinton Louw, nuwe burgemeester en Noel Constable, speaker.

Quinton Louw van die ANC is Maandag tot nuwe burgemeester van Beaufort-Wes verkies.

Sy voorganger, Noel Constable, wat die leier van die Karoo Democratic Force (KDF) is, is die nuwe speaker en Latitia Deyce van die ANC die nuwe onderburgemeester.

Die KDF het verlede maand Constable se bedanking op 31 Mei as burgemeester aangekondig. Die party het die besluit geneem ná verskeie gesprekke wat die afgelope agt maande in die party gevoer is.

Luidens ’n verklaring van die KDF was die Beaufort-Wes-munisipaliteit jare lank sonder senior bestuur omdat die leierskap nie oor die aanstellings kon ooreenkom nie.

Constable het toe aangedui dat hy verantwoordelikheid moet aanvaar “omdat hy nie gedruk het vir stabiliteit in die administratiewe afdeling van die munisipaliteit nie”.

Volgens die KDF is daar wel ’n mate van stabiliteit ná aanstellings in alle sleutelposte met die hulp van Jackson Penxa, waarnemende munisipale bestuurder.

Die DA in Beaufort-Wes het in reaksie op die verkiesing van die nuwe burgemeester gesê hy is oortuig dit gaan nie verandering vir die inwoners bring nie.

Die ANC-KDF-koalisie is sedert November 2018 in beheer van die munisipaliteit.

Volgens die DA is die Beaufort-Wes-munisipaliteit tegnies bankrot en verwag hy nie dat dinge in die vyf maande voor die plaaslike verkiesing in Oktober gaan verbeter nie.

Die DA vra voorts die nuwe burgemeester moet onder meer verduidelik hoe die uitstaande Eskom-rekening van nagenoeg R40 miljoen betaal gaan word, hoe hy munisipale infrastruktuur-toelaag-besteding (MiG) gaan verbeter, hoe sy oortrokke rekening van nagenoeg R15 miljoen teen die einde Junie terugbetaal sal word en of hy hom daartoe sal verbind om nie die MiG-finansiering vir maandelikse bedryfsbesteding te gebruik nie.

Meer oor:  Burgemeester  |  Beaufort-Wes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.