Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Nuwe burgemeester vir Tshwane

Stevens Mokgalapa, die DA se kandidaat vir die Tshwane-burgemeesterpos, is Dinsdag as die nuwe burgemeester aangewys.

Solly Msimanga van die DA het verlede maand as burgemeester bedank. Hy het gesê hy wil sy aandag op sy veldtog vir premier van Gauteng toespits.

Onder Msimanga het die DA-beheerde koalisie onder meer ’n skuldlas van R2 miljard omgeswaai tot ’n surplus in 2017.

Mokgalapa was voorheen ’n DA-LP. Hy is as raadslid in die Tshwane-metroraad ingesweer om hom as uitvoerende burgemeester verkiesbaar te stel.

* Hou Netwerk24 dop vir meer inligting

Meer oor:  Solly Msimanga  |  Stevens Mokgalapa  |  Tshwane  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.