Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Nuwe regeringsgebied kom dalk in Oudtshoorn

’n Nuwe regeringsgebied gaan moontlik in die toekoms in Oudtshoorn tot stand kom.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit sê hy is tans in gesprek met die nasionale departement van openbare werke oor die moontlike ontwikkeling van ’n nuwe regeringsgebied in die dorp.

Volgens die munisipaliteit sal die regeringsgebied bestaan uit die ontwikkeling of herontwikkeling van nuwe en bestaande geboue in een sentrale gebied, met verskillende regeringsdepartemente en dienste wat deel uitmaak van die dorp se “Vision 2030”-strategie.

Van links is Gavin Juthe (onderburgemeester, Oudtshoorn), Mutondi Ravele (nasionale departement van openbare werke), Chris Macpherson (burgemeester, Oudtshoorn), Lizelle Coetzee (nasionale departement van openbare werke) en Lluwellyn Coetzee (waarnemende direkteur, strategiese dienste, Oudtshoorn.) Foto: Verskaf

Dit sal spasie insluit vir dienste soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en nog ander wat nie tans in die dorp voorkom nie, luidens ’n verklaring.

Chris Macpherson, die burgemeester, sê Oudtshoorn word ingevolge die nasionale ruimtelike ontwikkelingsraamwerk as ’n “anker” vir die streek gedefinieer.

Volgens hom moet Oudtshoorn sy posisie verstewig as die hart van die Klein-Karoo en neem die dorp die leiding vir plekke in die streek soos Uniondale, Kannaland en Prins Albert.

Die ekonomiese impak van die belegging sal verskillende geleenthede bring vir onder meer die konstruksiefase, sê Gavin Juthe, onderburgemeester.

Die munisipaliteit het vroeër vandeesmaand met ’n afvaardiging van die nasionale departement van openbare werke vergader en verskeie persele besoek. Die ontmoeting is deur die munisipaliteit se departement van strategiese dienste gefasiliteer.

Die munisipaliteit stel tans ’n voorlegging saam met moontlike opsies om die regeringsgebied tot stand te bring. Die departement sal die voorlegging oorweeg en ook ’n haalbaarheidstudie oor die beoogde regeringsgebied doen.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Ontwikkeling  |  Toekoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.