Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
O-Kaapse regering wil appelleer teen hofbevel oor Makana

Die Oos-Kaapse provinsiale regering het, nadat hulle regsadvies ingewin het, besluit om te appelleer teen ’n hooggeregshofbevel wat gelas dat die Makana-munisipaliteit ontbind moet word.

Luidens ’n verklaring sê die raad hulle het, gegrond op hul regsadvies, genoeg gronde om appèl aan te teken, en om te glo dat ’n ander hof tot ’n ander slotsom kan kom.

Regter Igna Stretch het in die hooggeregshof in Makhanda beveel die munisipaliteit moet ontbind en onder administrasie geplaas word weens die skending van sy grondwetlike mandaat ná die versuiming om basiese dienste te lewer.

Die aansoek is in Februarie verlede jaar deur die Unemployed People’s Movement en ander burgerlike organisasies teen die munisipaliteit gebring. Die hofsaak is in September aangehoor.

Toe die moontlikheid van die appèlaansoek en die kans op sukses bespreek is, het die raad se prokureurs hoofsaaklik advies gegee oor die verkeerde interpretasie van die wetgewende bepalings en die beweerde eensydigheid wat in die uitspraak voorkom.

Mvusiwekhaya Sicwetsha, woordvoerder van Oscar Mabuyane, die Oos-Kaap se premier, sê (in die verklaring) die besluit om te appelleer beteken nie dat die uitvoerende raad nie besef daar is uitdagings in die Makana-munisipaliteit nie.

“Die raad meen die werk wat hulle deur middel van ingrypingsprogramme in Makana verrig, moet deur die hof in ag geneem word.

“Een van die redes hiervoor is omdat die ingrypingsprogramme die munisipaliteit gehelp het om gereeld sy skuld aan Eskom te betaal.

“Ons is daarop toegespits om die munisipaliteit te ondersteun sodat volhoubare dienste aan die inwoners van Makana gelewer kan word,” lui die verklaring.

Oscar Mabuyane Foto: Argief

Die provinsiale regering het die bystand wat hulle aan die munisipaliteit verleen, en wat volgens hulle voor die hof geplaas is maar nie oorweeg is nie, uitgestippel.

Volgens die regering het hulle hulp ingekry van die nasionale department van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), die Munisipale Infrastruktuurondersteuningsagentskap (Misa), die departement van water en sanitasie, Amathole Water, en die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie.

Luidens die provinsiale regering is sommige van die ondersteuningsmaatreëls wat die hof nie oorweeg het nie, die volgende:

  • Die ontwikkeling van stelsels vir data-optimalisering wat Makana aanlyn toegang gee tot ’n kostedoeltreffende databasis.
  • Die departement van water en sanitasie het R78 miljoen beskikbaar gestel vir die opgradering van watersuiweringsaanlegte.
  • R22 miljoen is beskikbaar gestel vir droogtehulp en om nuwe boorgate te sink.
  • Die feit dat daar nou water uit die Visrivier gepomp kan word en beskikbaar gestel kan word aan inwoners van die oostelike deel van Makana.
  • Die ontwikkelingskorporasie se hulp om die rioolstelsels op te gradeer.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.