Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Ombud vra Overstrand-inwoners se mening oor polisie

Die Wes-Kaapse polisie-ombudsman vra dat inwoners van die Overstrand- munisipale gebied voorleggings aan hom doen oor aantygings dat die polisie onderbeman is en dat dit tot ondoeltreffende dienslewering lei.

Johan Brand, die polisieombudsman, het op 14 Mei ’n kennisgewing in die Provinsiale Staatskoerant oor die ondersoek na die toewysing van polisiehulpbronne geplaas.

Enige persoon of organisasie kan binne 30 dae ná die publikasie van die kennisgewing geskrewe insette indien.

Overstrand sluit in Hermanus, Gansbaai, Kleinmond, Zwelihle, Sandbaai, Hawston, Fisherhaven, Palmiet, Bettysbaai, Pringlebaai, Rooiels, Onrus, Vermont en Stanford.

Luidens Brand se kennisgewing ondersoek sy kantoor aantygings dat die polisie in Overstrand, by die polisiekantore in Hermanus, Gansbaai, Kleinmond en Stanford, nie sy mandaat kan uitvoer nie “weens die onvoldoende toewysing van hulpbronne, wat tot ondoeltreffende dienslewering lei”.

Dudley Coetzee, burgemeester van Overstrand, het verlede week in ’n verklaring bevestig hy het ’n versoek tot die ombudsman gerig om die onderbemanning van polisiekantore in die munisipaliteit te ondersoek.

Alan Winde, voormalige LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Maandag dié ondersoek verwelkom en gesê die nasionale regering en die minister van polisie moet seker maak dat polisiekantore al die hulpbronne het wat hulle benodig.

“Ons het al verskeie klagtes van inwoners ontvang oor dienslewering in dié gebied en dat daar nie op hul klagtes gereageer word nie.”

Die ondersoek vind plaas as gevolg van die maatreëls wat die Wes-Kaapse regering geskep het om polisiedienste in die provinsie te moniteer, sê Winde.

Ons het al verskeie klagtes van inwoners ontvang oor dienslewering in dié gebied en dat daar nie op hul klagtes gereageer word nie.

Verlede maand het die provinsiale regering ’n interregeringsdispuut met die nasionale regering verklaar omdat daar glo nie aan die provinsie se behoeftes en prioriteite vir polisiëring gehoor gegee word nie.

Winde het Woensdag, toe hy as Wes-Kaapse premier beëdig is, gesê sy nuwe regering gaan wéér die dispuut verklaar om die polisie te dwing om die onderbemanning in die provinsie reg te stel.

Volgens die provinsiale regering is daar een polisielid vir elke 509 inwoners in die Wes-Kaap en een vir elke 560 inwoners in Kaapstad, teenoor die nasionale gemiddelde van een polisielid vir elke 375 inwoners.

Dit kom glo neer op ’n bykomende 4 500 polisielede wat benodig word.

  • Insette aan die Wes-Kaapse polisieombudsman kan gerig word aan mnr. J.J. Brand en geë-pos word aan ombudsman@wcpo.gov.za, gefaks word aan 021 483 0660, gepos word na Privaatsak X9043, Kaapstad 8000, of per hand afgelewer word op die 6de verdieping, NBS Waldorf Gebou, St. Georges Mall 80, Kaapstad.
Meer oor:  Hermanus  |  Overstrand  |  Wes-Kaap  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.