Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Ondersoek bevind raadslid het nie ‘poste verkoop’
Bongani Baloyi Foto: Johan Brits

’n Burgemeesterskomiteelid van die Midvaal-munisipaliteit in Gauteng kan haar pligte as LUR hervat nadat ’n etiekkomitee bevind het daar is geen waarheid in bewerings dat sy poste verkoop het nie.

Netwerk24 het ’n brief, gedateer 27 Maart, van Bongani Baloyi, Midvaal se burgemeester, gerig aan Amelia Tsukudu gesien, waarin hy skryf dat die etiekkomitee bevind het dat die beskuldigings teen haar “vals en ongegrond” is.

Die ondersoek het gespruit uit beweringe dat senior munisipale amptenare poste verkoop. Dit strek glo so ver terug as 2011. Die VF Plus het onder meer bewerings hieroor in dié DA-beheerde munisipaliteit gemaak.

Baloyi het Maandag bevestig dat Tsukudu se skorsing opgehef is nadat Freddie Peters, speaker van die raad, hom in kennis gestel het dat die beweringe teen haar ongegrond is.

Baloyi het egter gesê die saak oor die beweerde betrokkenheid van vier direkteure en die adjunk- munisipale bestuurder is nog nie afgehandel nie.

“Ek het ’n verslag oor die adjunk- munisipale bestuurder ontvang wat môre (Dinsdag) op die raadsvergadering voorgelê sal word. Die munisipale bestuurder is ook as voorsorgmaatreël geskors. Die prosesse vorder,” sê Baloyi.

Meer oor:  Bongani Baloyi  |  Midvaal  |  Burgemeester  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.