Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Onrus in Kimberley Dinsdag op spits gedryf

Die voortslepende onrus in Kimberley gaan Dinsdag op die spits gedryf word wanneer die DA se aansoek om ’n interdik teen Magaliso Matika, uitgestemde burgemeester, te bekom om hom te verplig om sy kantoor te ontruim, in die hooggeregshof aangehoor sal word.

Terwyl die hofdokumente Maandag ingedien is, het swart rook steeds oor Galeshewe gehang. Die biblioteek in Galeshewe is gedeeltelik afgebrand.

Al 75 skole in Kimberley is weens vrese oor veiligheid gesluit. Die departement van onderwys het onderwysers en ouers versoek om Dinsdag hul diskresie oor die veiligheidsituasie te gebruik.

Van die raadslede wat Mangaliso Matika op ’n spesiale raadsvergadering as burgemeester van Kimberley uitgestem en ’n interdikaansoek ingedien het, is van links Sandra Doyle, EFF, Pula Thabane, ANC, Madede Wapad, ANC, Phillip Vorster, DA, en Norman Hammer, onafhanklik. Foto: Charné Kemp

Inwoners van Galeshewe het vroegoggend op die bekende verkeersirkel gedreunsing dat Matika die tuig moet neerlê.

Dit volg op ’n spesiale raadsvergadering op 25 Julie waarin die meerderheid van DA-, EFF-, ’n onafhanklike kandidaat en 11 ANC-raadslede Matika met ’n mosie van wantroue uit die kussings gelig het.

Die hofaansoek volg teen die agtergrond van twee betogings oor kragtariewe en korrupsie, waarvan een gewelddadig geraak het. ’n Derde betoging is met die geslaagde mosie van wantroue afgeweer.

In sy verklaring sê Andrew Louw, DA-leier, Matika het dié bindende raadsbesluit geïgnoreer en nie teruggestaan nie. Matika het egter aan die media gesê hy weier om te loop. Die polisie het ook geweier om Matika uit sy kantoor te verwyder.

Volgens Louw hou Matika die stad gevange met sy veglustige houding.

Die onrus in Kimberley en Galeshewe het Maandag voortgeduur. Foto: Charné Kemp

Matika moet verwyder word om ’n herhaling van vorige gewelddadige betogings, waarin winkels geplunder en staatsgeboue beskadig is, te voorkom.

Matika het sy plig versuim om die gemeenskap se griewe oor swak dienslewering en hoë kragtariewe vroegtydig aan die raad te rapporteer.

Verskeie wetlike vereistes vir raadsvergaderings, die debattering en goedkeuring van die begroting, die bespreking van mosies van wantroue in die speaker en die burgemeester, is geïgnoreer.

Die meeste van die DA- en ander raadslede het op 25 Julie ’n spesiale raadsvergadering gehou om die onstabiele situasie in die stad en ’n mosie van wantroue in die burgemeester te bespreek, wat goedgekeur is.

Nadat Matika geweier het om te gaan, het die gemeenskap op 29 Julie op ’n vergadering met nog geweld gedreig.

Die ANC-raadslede wat teen Matika gestem het, word ook gedreig.

Louw voer aan die protesaksie kos die stad reeds miljoene rande. Onomkeerbare skade is reeds aangerig, en daar is verliese aan inkomste en werksgeleenthede. Skole moes noodgedwonge sluit.

Die stad kan met verdere betogings op sy knieë gedwing word.

Meer oor:  Galeshewe  |  Kimberley  |  Da  |  Burgemeester  |  Interdik  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.