SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Ontploffing laat Kempton Park sonder krag

Die kragtoevoer na dele van Kempton Park sal teen Saterdag omstreeks middernag herstel word, maar in die talle ander gebiede sal die ligte eers teen Sondag omstreeks 18:00 weer brand.

Van Riebeeck-park behoort teen middernag weer krag te hê.

Dit kom nadat groot dele van Kempton Park teen Saterdagmiddag steeds sonder elektrisiteit was nadat ’n transformator by ’n substasie vermoedelik die oggend ontplof het.

Die stadsraad het Saterdagoggend gesê daar is groot skade, maar die omvang daarvan sal eers bepaal kan word sodra dit veilig is vir werkers om by die substasie in te gaan.

Nooddienste is intussen na die toneel ontbied.

Buurte wat geraak is deur die kragonderbreking, sluit in dele van Birchleigh, Allen Grove, Nimrodpark, Witfontein, Glen Marais, Van Riebeeck-park, Terenure en Edleen. Die kragtoevoer na van dié dele is deur die dag herstel.

Die substasie om Kempton Park waar ’n transformator ontplof het. Foto: Twitter/ Stad Ekurhuleni
Die skade by die substasie in Kempton Park. Foto: Verskaf
Nog ’n foto van die skade weens ’n ontploffing by ’n substasie in Kempton Park. Foto: Verskaf


Meer oor:  Kempton Park  |  Ontploffing  |  Kragonderbreking  |  Kragstasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.