Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
‘Ontwikkeling op groot skaal’ kom glo in Kaap
’n Voorstelling van die Galleria-ontwikkeling in Bellville, Kaapstad, waar die Bellville-fietsrybaan tans geleë is. Foto: Devmet Property Developments

Die ontwikkelaar wat die Bellville-fietsrybaan en atletiekstadion wil omskep, belowe ’n projek van “indrukwekkende skaal” met winkels, woonstelle en geriewe vir sport en vermaak.

Devmet Property Developments, ’n konsortium van Devmark, het Woensdag op ’n mediakonferensie gesê hy is nou nader daaraan om die Galleria-ontwikkeling van 11,4 ha in dié deel van Kaapstad te verwesenlik.

Die openbaredeelnameproses vir die ontwikkeling en grondoordragte wat daarmee gepaardgaan, het ook Woensdag tot ’n einde gekom.

’n Kaart van die voorgestelde Galleria-ontwikkeling van Devmet in Bellville, Kaapstad.Foto: Devmet

Volgens Devmet is daar reeds belangstelling vir nasionale en streekhoofkantore, hotelle en ’n internasionale maatskappy wat geleenthede in gemengde ontwikkeling naby die Tygervallei-winkelsentrum wil aanbied.

“Die fietsrybaan sal tot wêreldklas herontwikkel word, en daar sal veeldoelige geriewe wees om internasionale sportgebeure, groot uitstallings en konferensies aan te bied en die geleentheid om gasvryheidsgeriewe uit te huur. Daarby word beoog om sowat 500 woonstelle te bou, wat die behoefte aan doelgemaakte leefstylgebaseerde winkels en eetplekke sal skep, wat die ontwikkelaar sal uitkies om die toenemende vereistes van ’n gesofistikeerde publiek te bevredig.”

Hein Ehlers, uitvoerende hoof van Devmark Property Group, sê in ’n verklaring die Galleria verteenwoordig ’n “werklike geleentheid” aan beleggers en huurders om deel van ’n moderne groeipunt met gemengde gebruik te wees, veral gegewe die Kaapstad-metroraad se doelstellings van hoër digtheid en infrastruktuurbesteding in Bellville op kort en medium termyn.

Die voorgestelde Galleria-ontwikkeling naby die Tygervallei-winkelsentrum in Bellville. Foto: Devmet

"Die Galleria se strategiese ligging in Kaapstad se tweede sakekern beteken dat die perseel baat vind by veelvuldige verbindings met paaie, dienste, openbare vervoer, veselnetwerke en ’n plek waar mense van oral bymekaarkom.”

Volgens Ehlers is die benadering met die ontwikkeling holisties en geïntegreerd, met ’n geraamde kapitaalbesteding van R7 miljard, terwyl dit ’n “enorme” uitwerking op Bellville en Kaapstad inhou.

Die tender vir die ontwikkeling is al in November 2009 aan Devmet toegestaan, waarna ’n ooreenkoms oor die verkope en huur van grond met die metroraad gesluit is.

Devmet hou egter vol dat die ontwikkeling van die perseel vertraag is weens verskeie redes, onder meer regstappe met die metroraad oor voorwaardes wat nie afgehandel kon word nie.

Meer oor:  Tygervallei  |  Kaapstad  |  Ontwikkeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.