Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Onwettige bouery, kragroof tref Goudveld hard – VF Plus

Nie een van die Vrystaatse munisipaliteite het vir die 2018-’19-boekjaar ’n skoon ouditverslag ontvang nie en volgens die ouditeur-generaal (OG) is daar ’n doelbewuste gebrek aan verantwoordbaarheid deur politieke en administratiewe leierskap.

Die OG het ook in sy verslag gesê die gevolge van die kultuur van korrupsie- en wanbestuur van die ANC-regering is duidelik in die Vrystaat te sien.

Dévar Smit, VF Plus-LPW, sê dit is duidelik dat die agteruitgang in die Vrystaat aan die ANC se onbevoegdheid te wyte is.

In die Matjhabeng-munisipaliteit (Vrystaatse Goudveld) word mense byvoorbeeld toegelaat om onwettig aan te bou en dit gebeur dan dat tot 20 mense op een erf gehuisves word.

Inwoners van die munisipaliteit gaan ook gereeld gebuk onder kragonderbrekings weens die toenemende kabeldiefstalle en die onwettige kragaansluitings.

Dié onwettige bouery word toegelaat omdat daar ’n tekort aan studentehuisvesting is, sê Susan Taljaard, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit.

Sy sê die onwettige en onbeplande bouery plaas druk op die ou infrastruktuur en oorlaai dit sonder dat die nodige opgradering of instandhouding gedoen word.

“Inwoners van die munisipaliteit gaan ook gereeld gebuk onder kragonderbrekings weens die toenemende kabeldiefstalle en die onwettige kragaansluitings,” sê sy.

Dié probleme kos die munisipaliteit, wat reeds geldelik op sy knieë is, nog meer geld.

Taljaard sê die onwettige koppelings veroorsaak dat betalende inwoners al hoër tariewe moet opdok. Inwoners moet onwettige bouwerk en krag- en rioolkoppelings aanmeld.

Matjhabeng is een van agt Vrystaatse munisipaliteite wat volgens die OG versuim het om finansiële state in te dien.

Die ander is Masilonyana, Tokologo, Kopanong, Mafube, Maluti-a-Phofung, Mantsopa en Phumelela.

Die geheelbeeld van die stand van die provinsie is dus veel erger as wat die inwoners besef, sê Smit.

Meer oor:  Vf Plus  |  Goudveld  |  Onwettige Bouery  |  Kragroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.