Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Onwettige krag-aansluitings in George se visier
Melvin Naik Foto: Verskaf

Vanjaar alleen is drie transformators reeds in die Thembalethu-gebied in George in die Suid-Kaap beskadig weens onwettige elektrisiteitsaansluitings.

So sê die George-munisipaliteit nadat inwoners van die gebied onlangs ’n protesoptog gehou het, hoofsaaklik weens klagtes oor ’n gebrek aan elektrisiteit.

Chantel Edwards-Klose, munisipale woordvoerder, sê die transformators is geheel en al vernietig deur onwettige en gevaarlike elektrisiteitsaansluitings in die gebied.

Dit sal ’n minimum van drie maande neem om twee transformators te laat installeer, waarna die gemeenskap sal moet help om seker te maak dat die transformators nie weer beskadig word nie, volgens haar.

Die munisipaliteit doen ’n beroep op die inwoners van George om onwettige elektrisiteitsaansluitings aan te meld. Nie net het dié aansluitings noodlottige gevolge nie, maar dit veroorsaak ook deurlopende kragonderbrekings in verskeie dele van Thembalethu.

George se burgemeester, Melvin Naik, het onderneem om sover moontlik aandag aan van die klagtes van die inwoners te gee, binne die raamwerk van wetgewing.

Die munisipaliteit waarsku voorts dat hy strafregtelike klagte teen oortreders aanhangig sal maak. Inmenging met en die beskadiging van munisipale infrastruktuur kan as sabotasie beskou word. Indien iemand skuldig bevind sou word aan so ’n oortreding, kan ’n vonnis van tot 30 jaar tronkstraf opgelê word.

Onwettige elektrisiteitsaansluitings kan by 044 803 9222 of nauurs by 044 801 6300 aangemeld word.

Meer oor:  George  |  Thembalethu  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.