Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Oortreders op N4 vasgevat

Boetes van sowat R300 000 is die afgelope week ingevorder tydens ’n padversperring op die N4-hoofweg tussen Pretoria en Rustenburg.

Verkeerspersoneel praat met een van die motoriste wat tydens die padversperring voorgekeer is. Foto: Verskaf

Rebaone Moeng, woordvoerder van Noordwes se departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur, sê oor die drie dae van die versperring is meer as

1 000 voertuie voorgekeer en 470 dagvaardings vir verskillende oortredings uitgereik. Die operasie was ’n gesamentlike inisiatief van Noordwes se vervoerdepartement en die Trans-Kalahari-deurpad Nasionale Komitee (TKNK).

“Die hoofdoel was om padveiligheid langs die roete vanaf Pretoria deur Rustenburg na Botswana en Namibië te verbeter,” sê Moeng. “Dit is die eerste keer dat ons so ’n gesamentlike operasie aangepak het.”

Altesame 26 voertuie is van die pad verwyder en nege motoriste is in hegtenis geneem weens dronkbestuur. 96 voetgangers wat op die hoofweg geloop of dit gekruis het, is ook in hegtenis geneem. Volgens Moeng het 48 van hulle skulderkenningsboetes van R300 elk betaal. Niemand mag ingevolge die Nasionale Padverkeerswet te voet op ’n hoofweg loop nie.

Segodi Mogotsi, medevoorsitter van die TKNK, sê die verbetering van die deurpad begin met die handhawing van wet en orde, deur misdadige bedrywighede te pak en seker te maak die wet word nagekom.

’n Verkeersbeampte by ’n bus wat voorgekeer is tydens die padversperring. Foto: Verskaf

“Terselfdertyd werk ons hard daaraan om uitdagings te pak soos instandhouding van infrastruktuur, en om ons verhouding met gemeenskappe langs die deurpad te verbeter.” Die pad speel ’n groot rol in die vervoer van goedere en mense en is daarom belangrik vir ekonomiese groei en die ontwikkeling van die streek.

Die Trans-Kalahari-deurpad-sekretariaat het besluit om nasionale komitees in die drie lidlande (Botswana, Namibië en Suid-Afrika) te stig. Die Suid-Afrikaanse komitee, wat reeds gestig is, sal aanhou om wetstoepassing te verskerp en om geleenthede te skep en te identifiseer vir gemeenskappe langs die roete, sê Moeng.

Meer oor:  Rustenburg  |  Noordwes  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.