Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Oudtshoorn se munisipaliteit skryf bates af

Oudtshoorn se munisipaliteit moes bates van derduisende rande afskryf.

Die besluit is verlede Dinsdag op ’n spesiale raadsvergadering geneem nadat die bates nie met die 2017/’18-verifikasieproses gevind kon word nie.

Die afgeskryfde bates sluit in kantoortoerusting van R177 256, gereedskap van R171 536, rekenaartoerusting van R198 908 en meubels van R185 524.

Dit is onbekend wat van al die items geword het.

Die munisipaliteit se bateregister sal bygewerk word en in die toekoms sal personeellede vir items in hul onderskeie afdelings verantwoordelik gehou word.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Bates  |  Munisipaliteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.