Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Oudtshoorn: Taxistaanplek binnekort ontsmet

Die taxistaanplek in Oudtshoorn gaan binnekort as deel van die voorkomingsmaatreëls tydens die staat van inperking ontsmet word.

Oudtshoorn in die Klein-Karoo. Foto: Verskaf

Ons het die toerusting bestel, het Ntobeko Mangqwengwe, munisipale woordvoerder, by navraag gesê. “Ons sal die taxistaanplek ontsmet sodra ons dit ontvang. Dit kan binne die volgende dag of twee wees.”

Die weermag se militêre polisie help reeds sedert Dinsdag met wetstoepassing, sê die dorp se munisipaliteit verder in ’n verklaring.

Die verwydering van vullis verloop ook vlot, vragmotors wat vullis verwyder word ontsmet en daar word aan die toepaslike veiligheidsmaatreëls gehoor gegee.

Daar was ’n drastiese verbetering in die wyse waarop inwoners op die maatreëls oor die ingryping reageer, volgens die munisipaliteit.

Maatskaplike verligting word deur die departement van maatskaplike ontwikkeling gebied. Dié departement maak deel uit van die gesamentlike operasionele sentrum wat in die lig van Covid-19 op die been gebring is.

Voorts is kwarantyn- en isolasie-fasiliteite in die groter Oudtshoorn-gebied geidentifiseer vir diegene wat nie self-isolasie kan toepas nie.

’n Beroep word gedoen op inwoners om water te bespaar en nie die water te laat loop wanneer hulle hul hande was nie. Die Raubenheimerdam was Woensdag 47,20% vol en die Melvilledam 100%. Geen reën het die afgelope week in die gebied geval nie.

Meer oor:  Ontsmet  |  Oudtshoorn  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.