Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Padhobbels in Lucas Steyn in Bfn word laer gemaak

Die spoedhobbels in Lucas Steyn-straat in Heuwelsig in Bloemfontein wat te hoog is en te naby aan mekaar is, gaan volgens ingenieurspesifikasies laer gemaak word, terwyl sommige verwyder sal word.

So sê prof. Fief van der Merwe, DA-raadslid, wat hom vir die saak beywer het. Hy het ’n vergadering hieroor met die Mangaung-metro se burgemeester, Olly Mlamleli, en die stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, gehou.

Prof. Fief van der Merwe, DA-raadslid, wys hier na die gate wat die doppe-spoedhobbels in Lucas Steyn-straat in Bloemfontein veroorsaak het. Die Mangaung-metro het egter nie nou die teer om dit op te vul nie. Foto: Marietjie Gericke

Nog ’n vergadering waar Mea en ander rolspelers teenwoordig was, is agterna ook oor die saak gehou. Verskeie ingenieurs, tegnici, inwoners, Freek Meyer wat die Woodland Hills-landgoed verteenwoordig, en metro-hoës was op die vergadering teenwoordig, sê Van der Merwe.

“Die konsensus is bereik dat daar van die spoedwalle verwyder sal word en ander laer gemaak word. Die twee doppe-spoedhobbels in dieselfde straat waaroor die publiek kla dat dit hul motors beskadig, is reeds verwyder.

“Maar nou het die Mangaung-metro nie asfalt om die gate in die teerpad mee op te vul wat met die verwydering van die doppe-spoedhobbels in die pad gelaat is nie. Dit is ’n skande en skep probleme.”

Van der Merwe sê verkeersverstadiging is baie nodig in die betrokke straat omdat jaagduiwels al dikwels ongelukke veroorsaak het en gereeld ander mense se lewe in gevaar stel.

“Die spoedhobbels wat deur private mense wat met die regering saamgewerk het, aangebring is, is te na aan mekaar geplaas. Dit was te hoog en die publiek het aanhou kla daaroor.”

Hy sê dit het ook veroorsaak dat die motoriste die twee parallele strate tot Lucas Steyn-straat, Jutastraat en Fagan-straat, begin gebruik het om die spoedhobbels in Lucas Steyn-straat te vermy. Die publiek het toe ook begin kla oor die jaagduiwels in daardie strate en geëis dat spoedhobbels ook daar aangebring moet word.

Fagan-straat het toe ook spoedhobbels gekry, sê Van der Merwe.

“In Heuwelsig was die inwoners ontevrede omdat groot vragmotors in Fagan- en Juta-straat begin ry het en ook in David Botha-straat na die Spar-winkelsentrum. Dié strate is nou baie besig terwyl dit nie sulke swaar verkeer kan hanteer nie. Dit het meenthuiseienaars verontrief.”

Daar moet eintlik wetstoepassing in Lucas Steyn-straat kom. Verkeersbeamptes sal hul salarisse maklik op dié manier kan verdien, maar dit gebeur nie.

Van der Merwe sê as die spoedwalle in Lucas Steyn-straat laer gemaak word, sal die inwoners nie meer systrate hoef te gebruik nie.

“Daar moet eintlik wetstoepassing in Lucas Steyn-straat kom. Verkeersbeamptes sal hul salarisse maklik op dié manier kan verdien, maar dit gebeur nie.”

Hy sê hoewel spoedhobbels nie eintlik wenslik in Lucas Steyn-straat is nie, is daar nie ’n alternatief nie, omdat wetstoepassing nie plaasvind nie.

Van der Merwe sê hy het ook ’n beswaarskrif met handtekeninge van inwoners na die toepaslike departementshoof van die metro gestuur waarin daar vir ’n verkeerslig gevra word waar Reynecke-straat, Ray Champion-weg en Lucas Steyn-straat in Heuwelsig bymekaar kom.

Dit sal ook help om die verkeer in die gebied stadiger te maak.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.