Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Padverbetering staan oor stryd om tender

Dringende opknappingswerk aan die pad tusen Kathu en Hotazel is vir byna ’n week vertraag weens ’n onsuksesvolle aansoek om ’n tussentydse hofbevel in die hooggeregshof in Kimberley.

Regter Bulelwa Pakati het KRA Joint Venture se aansoek Vrydag van die rol geskrap en hom beveel om die regskoste van die twee respondente te betaal.

’n Skermgreep van Down Touch Investments se webwerf.

Die werk wat op 6 September sou begin, sal na verwagting Maandag begin.

KRA het die aansoek teen Mxolisi Sokatsha, LUR vir paaie en openbare werke in die Noord-Kaap, en Down Touch Investment, die suksesvolle tenderaar, gebring. Hy het aangevoer die tender was onreëlmatig.

Lekoatsa Mohapi, namens die vennote van KRA, het gesê die departement het voor die bodevaluasie-tydperk reeds nege van die 21 aansoeke afgekeur, waaronder syne. Dit is onregverdig dat hy en sy vennote so vroeg uitgeskakel is. Hy het gesê irrelevante kriteria is gebruik om aansoekers af te keur, Down Touch het die bod gekry ten spyte van ’n berekeningsfout in sy dokumente, die ander aansoekers is benadeel omdat Down Touch toegelaat is om die fout reg te stel, die bod is ná die verstryking van die spertyd toegeken en Down Touch se bod was een van die duurstes.

Adv. Almé Stanton, vir KRA, het toegegee dat daar voortdurend korrespondensie met die departement gevoer is en dat die departement op 6 Augustus dokumente aan KRA voorsien het.

Adv. Stefan Grobler, namens die LUR, het aangevoer dat KRA suinig omgaan met die waarheid en sedert 11 Julie geweet het hy is onsuksesvol.

Die verweer dat die gerugte oor die suksesvolle bod eers op 6 Augustus bevestig is, is “vernuftig, helaas onwaar”.

Mohape het die hof eers aan die einde van Augustus genader.

Ann Mpotsang, waarnemende departementshoof, het in haar verklaring aangevoer dat Mohapi se boddokumente onvolledig ingevul is en besonderhede ontbreek het. Down Touch was die enigste maatskappy wie se dokumente volledig was. Die departement mag ingevolge regulasies berekeningsfoute met die bodmaatskappy uitklaar.

Al die maatskappye is in kennis gestel dat die sperdatum verleng is.

Meer oor:  Kra Joint Venture  |  Down Touch Investments  |  Mxolisi Sokatsha  |  Kimberley  |  Hotazel  |  Kathu  |  Padverbetering  |  Pad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.