Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Pandemie, inperking laat Pta se inkomste tot minder as 75% daal

Die invordering van inkomste in Pretoria het teen die einde van die laaste boekjaar tot minder as 75% gedaal weens die invloed van die Covid-19-pandemie en die inperking.

Dié statistieke het Donderdag aan die lig gekom met die jaarlikse stadsrede deur die burgemeester van Tshwane, Randall Williams.

Hy het gesê hoewel die herstel van die stad se finansiële status ’n topprioriteit is, het die handhawing van die inperking die situasie aansienlik vererger.

“Die invloed van hierdie maatreëls is onmiddellik deur die stad gevoel met ’n beduidende daling in inkomste,” het Williams gesê.

“In die afgelope boekjaar was die begroting vir die invorderingskoers 95%. Met die invloed van Covid-19 het dit teen die einde van die 2019-’20 boekjaar tot minder as 75% gedaal,” het hy gesê.

Volgens Williams het dit tot ’n tekort van meer as R4 miljard op die bedryfsrekening gelei.

Pretoria se metroraad is in Maart 2020 onder administrasie geplaas. Die DA het ná ’n suksesvolle hofsaak die metroraad heraangestel.

Die invloed van hierdie maatreëls is onmiddellik deur die stad gevoel met ’n beduidende daling in inkomste.

Williams het gesê die finansiële posisie van die stad beteken dat hy minder as ’n maand se kontant oor het om al sy verpligtinge na te kom.

Volgens Williams kon die stad sedert 2016 voortgaan om sy verpligtinge teenoor werknemers en krediteure, soos Eskom en Randwater, na te kom weens ’n gesamentlike poging om sy finansiële posisie te verbeter.

“Nou moet ons dit alles oordoen nadat ons R4 miljard se skuld geërf het.”

Volgens Williams sal daar opnuut na ingrypings soos die vermindering van nie-noodsaaklike uitgawes, die verbetering van inkomste en skuldinvordering, programme om inwoners te help met die vereffening van hul rekeninge sowel as die hersiening van kontrakte gekyk word om Pretoria se finansiële posisie te verbeter.

Nou moet ons dit alles oordoen nadat ons R4 miljard se skuld geërf het.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.