Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
PE-stortingsterrein is ’n risiko, maan DA

Die lewe van inwoners en werkers wat die Arlington-stortingsterrein in Port Elizabeth gebruik, word bedreig deur die yslike tekort aan opgeleide veiligheidswagte op die perseel.

Benewens die veiligheidsrisiko hou die stortingsterrein ’n gesondheidsgevaar in vir mens en dier, sê Gustav Rautenbach, DA-raadslid oor veiligheid in die Nelson Mandelabaai-metro.

Hy en ander DA-raadslede het Donderdag die stortingsterrein besoek om hulle te vergewis van die omstandighede daar.

Van links is die DA-raadslede Gustav Rautenbach, Athol Trollip, Georgina Faldtman en Tracy Weise by ’n groot gat in die omheining van die Arlington-stortingsterrein. Hulle het die stortingsterrein Donderdag besoek. Foto’s: Lulama Zenzile

Brande word daagliks gestig en inwoners van Sardiniabaai en die omliggende omgewing is woedend oor die rook wat hulle inasem.

Al word die toegangshek saans gesluit, kan die stortingsterrein enige tyd betree word weens die stukkende omheining.

Van Januarie tot Julie vanjaar was daar 43 rooftogte by die stortingsterrein waarin óf ’n mes óf ’n vuurwapen gebruik is – en dit is slegs die rooftogte wat by die polisie aangemeld is, sê Rautenbach.

Daar is net sewe veiligheidswagte per skof aan diens.

Dié wagte het Donderdag gesê dat hulle nie voor of ná hul aanstellings enige opleiding ontvang nie.

Inwoners van die Walmer-plakkerskamp en die omliggende omgewing fynkam daagliks die Arlington-stortingsterrein vir herwinbare materiaal.

Hulle het ook geen uniforms nie en vir beskerming het hulle net ’n knuppel en ’n radio wat aan die metro se beheerkamer gekoppel is.

Die twee werkers wat vragte weeg en op die datastelsel invoer, sit weens vrees vir hul lewe agter slot en grendel in hul kantoor.

Al die werkers sê hulle werk elke dag onder gevaarlike omstandighede.

Een van die veiligheidswagte, wat uit vrees dat hy sy werk kan verloor nie sy naam genoem wil hê nie, sê wanneer ’n insident plaasvind, is al wat hy kan doen om die mense na die polisie te verwys.

“Ongure elemente beroof daagliks mense en voertuie. Hulle dra messe en vuurwapens.

Honderde mense is afhanklik van die rommel wat by die Arlington-stortingsterrein weggegooi word deurdat hulle herwinbare rommel versamel en aan herwinningsmaatskappye besorg.

“Sommige mense sal by die hek agterop ’n vragmotor spring en items van waarde van die vragmotor af begin plunder nog voordat die vrag gestort kan word. Ek moet sien en laat staan, want ek en my knuppel staan nie ’n kans teen hul wapens nie.”

Terwyl Netwerk24 nog met die wagte gepraat het, het ’n trop beeste by die hek ingekom om te kom wei aan die rommel.

Athol Trollip, die DA se federale voorsitter, sê die gebrek aan veiligheid is ’n massiewe bron van kommer.

Oor die brande wat gestig word sê Trollip wanneer ’n stortingsterrein begin brand, kan dit jare lank brand, omdat dit onder die oppervlak smeul.

Baie mense kom hier om rommel te herwin vir herwinningsmaatskappye ten einde aan die lewe te bly, sê hy.

“Die beeste wat hier wei word geslag vir kos en word gemelk. Hulle is veronderstel om gras te eet, maar hulle eet vullis. Die hele gesondheidsketting is ’n groot bron van kommer.”

Trollip meen die stortingsterrein word swak bestuur en dit moet dringend aandag kry.

Tracy Weise, DA-raadslid vir wyk 1, sê sy word gereeld oorval met klagtes, wat sy aan die stadsraad rapporteer.

Meer oor:  Da  |  Port Elizabeth  |  Veiligheidswagte  |  Stortingsterrein  |  Maan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.