Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
PE wil briek aandraai op ‘pad van die hel’

Die talle ernstige motorongelukke in Port Elizabeth se “pad van die hel” het die Nelson Mandelabaai-metro genoodsaak om vir spoedbeheermaatreëls aansoek te doen.

John Best

John Best, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê Standfordweg in Port Elizabeth se noordelike gebiede is uiters gevaarlik.

“Die nasionale krieketafrigter, Russel Domingo, se ma was daar in ’n ernstige ongeluk. Daarbenewens is ’n 39-jarige ma van twee seuns op 19 Junie in ’n ongeluk, ook in Standfordweg, dood.

“Ons behoort teen aanstaande week terugvoering op ons aansoek te kry.”

Marlon Daniels, raadslid van die Patriotic Alliance, het op Vrydag se vergadering van die komitee vir veiligheid en sekuriteit Standfordweg beskryf as “ ’n pad van die hel”.

Daniels het ’n voorbeeld genoem van hoe hy onlangs in dié straat, wat die noordelike gebiede met die stad verbind, ’n aangeklamde taxibestuurder laat stilhou het en die sleutel uit die aansitter verwyder het.

* Die Oos-Kaapse departement van vervoer het die metro onlangs die groen lig gegee om oortreders wat nie hul verkeersboetes betaal nie, te verhinder om hul motorregistrasie te hernu. “Motoriste moet besef dat verkeersoortredings gevolge dra,” het Best gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.