Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Personeelhoof in Tshwane se pos onder loep

Die Tshwane-metro se personeelhoof is op spesiale verlof geplaas terwyl haar aanstelling ondersoek word.

News24 het Woensdag berig Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, se personeelhoof, Marietha Aucamp, is in dié pos aangestel hoewel sy nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie. Sy verdien ’n salaris van R1,2 miljoen per jaar.

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: Deaan Vivier

Die metro het Woensdagmiddag gesê Sam Mgobozi, die burgemeester se woordvoerder, was nie bewus van “al die feite” toe hy vroeër vandeesweek op navrae gereageer het nie. Daar is vroeër berig dat Mgobozi gesê het “die uitvoerende burgemeester was nooit betrokke by die werwingsproses van enige senior bestuurder nie, behalwe vir die stadsbestuurder.”

News24 het egter ’n verslag wat aandui dat Msimanga deel was van die paneel wat onderhoude vir dié pos gevoer het. Dié paneel het ook bestaan uit Cilliers Brink, ’n lid van die burgemeesterskomitee, asook Lindiwe Kwele, die voormalige stadsbestuurder.

Die stad het erken dat hy nie aansoek gedoen het vir ’n kwytskelding (van die nodige kwalifikasies) vir Aucamp nie.

Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê Msimanga het gevra dat daar ’n ondersoek oor die kwessie gedoen word.

“Die uitvoerende burgemeester het die stadsbestuurder versoek om ’n dringende ondersoek te doen rakende die kwessie, en Aucamp is intussen op spesiale verlof geplaas,” sê Bokaba.

Hy sê Aucamp het aansoek gedoen vir die pos en is in Oktober 2016 op die kortlys geplaas. Sy is gekies as die “mees gepaste kandidaat vir aanstelling”.

“Sy het die hoogste punt deur die paneellede behaal,” sê Bokaba.

“Dit klink onlogies en irrasioneel vir enige kandidaat wat op die kortlys is, wat ’n onderhoud gedoen het en die hoogste punt ontvang het in die onderhoud, asook in die assessering, om daarop aanspraak te maak dat sy oor kwalifikasies beskik wat sy nie het nie.”

Luidens ’n persoonlike inligtingsblad, gedateer 10 Oktober 2016, beskik Aucamp oor ’n B.Tech-graad.

Bokaba sê hoewel dit voordelig is vir ’n kandidaat om die nodige kwalifikasie te hê, sluit dit die kandidaat nie uit om aangestel te word in ’n politieke kantoor sonder dié kwalifikasie nie. “Wat benodig word, is ervaring en kennis van plaaslike regering.”

Volgens Bokaba het Aucamp 16 jaar se ervaring in ’n bestuurspos.

Aucamp meld egter nie haar kwalifikasies in haar CV nie. Sy skryf slegs dat sy die waarnemende personeelhoof was in Msimanga se kantoor, en dat sy voorheen as die DA se hoofsweep in die Tshwane-metro gedien het.

Haar verwysings is onder andere James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad.

Luidens ’n persoonlike inligtingsblad, gedateer 10 Oktober 2016, beskik Aucamp oor ’n B.Tech-graad.

Dit is nie duidelik wie dié blad ingevul het nie, maar Aucamp kon nie verduidelik waarom dit op die blad staan nie.

Meer oor:  Tshwane-Metro  |  Solly Msimanga  |  Marietha Aucamp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.