Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Plakkers eis krag vir hutte en versper pad

Minstens drie mense is Donderdagoggend in ’n betoging in Port Elizabeth in hegtenis geneem.

Betogers het ’n deel van die R334 naby Motherwell met brandende buitebande versper. Foto: Lulama Zenzile

Die betogers het Donderdag van omstreeks 05:00 die verkeer begin ontwrig deur ’n deel van die R334 naby Motherwell met brandende buitebande te versper en motors met klippe te bestook.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê Daniel Pienaar-straat is vanaf die eerste plakkerhutte in die NU-29-woonbuurt tot by die kruising van die R335 vir verkeer gesluit.

“Die mense is nog op die toneel en ons kan geen motoriste deurlaat nie.”

Na verneem word, eis die groep betogers elektrisiteit vir hul plakkerhutte.

Die polisie is op die toneel op die R334, waar betogers die pad met brandende buitebande en klippe versper. Foto: Lulama Zenzile
Meer oor:  Port Elizabeth  |  Plakkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.