Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Plakkers jaag skool se waterrekening op

’n Laerskool in Dunoon naby Milnerton in Kaapstad het ’n waterrekening van byna R500 000 van die munisipaliteit gekry.

Dit volg nadat mense, wat ’n munisipale sportveld agter die skool beset het, die skool se water gebruik het.

Volgens GroundUp skuld die Sophakama Primary School R444 827,20 en moes dit reeds op 20 November betaal gewees het.

Mense, wat voorheen in agterplase in Dunoon gebly het, het in Maart 2017 die sportveld begin beset omdat hulle uit hul blyplek gesit is of nie meer hul huur kon betaal nie.

Ons het nie daardie geld in ons skool se begroting nie. Hoe gaan ons daardie rekening betaal?

Die mense het tydens die besetting gereeld met Kaapstad se eenheid teen grondbesetting (ALIU) koppe gestamp. Elke keer as die ALIU hul woonstrukture afgebreek het, het die mense dit dieselfde dag herbou.

Die mense bly nou sedert Junie 2018 op die sportveld en gebruik water uit die sportveld se besproeiingspype en uit krane van die laerskool.

Sabelo Makhubalo, skoolhoof, sê hy was geskok toe hy die massiewe waterrekening sien.

Die skool se waterrekening is gewoonlik tussen R20 000 en R25 000 per maand.

“Ek het die kwessie by die Kaapstad-metro aangemeld, sowel as by die onderwysdepartement en die plaaslike wyksraadslid,” sê hy.

Hy vrees nou die skool se watertoevoer kan afgesny word.

“Ons het nie daardie geld in ons skool se begroting nie. Hoe gaan ons daardie rekening betaal?”

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, sê die departement is bewus van die Sophakama Primary School se munisipale rekening wat skerp gestyg het.

Volgens haar is die departement se infrastruktuur direktoraat ingelig en mag daar moontlik maniere wees vir die skool om die waterverbruik deur die inwoners op die veld te beperk.

Die departement monitor munisipale rekeninge en “praat met die metro oor die rekening”.

“In sommige gevalle help ons om die rekening te betaal. Ons moet die oorsake ondersoek en sal help waar ons kan,” sê Hammond.

Jyothi Naidoo, woordvoerder vir Kaapstad-metro, sê die waterdienste ondersoek die hoë waterrekening.

Meer oor:  Milnerton  |  Plakkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.