Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Plato vol lof vir ‘My Octopus Teacher’ se wenspan

“As burgemeester van hierdie pragtige stad is dit hartroerend om te sien hoe ons inwoners ons stad bevorder, en dit doen deur sulke belangrike onderwerpe soos mariene bewaring uit te lig.”

Dit was die woorde van Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, toe hy Woensdagoggend die span van die Netflix-dokumentêr My Octopus Teacher gelukgewens het met hul Bafta-prys vir beste dokumentêr wat hulle Sondagaand gewen het.

Dié prent, wat verlede jaar uitgereik is, fokus op die band wat tussen die rolprentmaker Craig Foster en ’n seekat in Valsbaai ontwikkel het.

Die dokumentêr het aanvanklik begin as ’n projek om die kelp-ekosisteem te bestudeer, maar terwyl Foster die gewoontes van die seekat bestudeer het, het ’n diep band ontstaan en het hy nuwe waardering vir die verwikkeldheid van die seelewe gekry, wat ook ’n invloed op sy daaglikse lewe gehad het.

My Octopus Teacher is ook vir ’n Oscar benoem, met die toekenningsgeleentheid wat op 26 April uitgesaai word.

“Hierdie dokumentêr wat in Kaapstad verfilm is, word wêreldwyd deur mense gekyk en ons oneindigende onderwaterwêreld en seelewe word prominent vertoon.

“Dit plaas ’n unieke kollig op Kaapstad wat ons stad in die gedagtes en harte van rolprentvervaardigers, toeriste en die wêreld hou. Ek wens die span geluk met die Bafta-prys en sien uit daarna dat hulle ook ’n Oscar huis toe bring,” sê Plato.

Ross Frylinck, ’n medevervaardiger van die dokumentêr, sê die Bafta-prys het hulle onkant gevang.

“Dit was baie verbasend! Ons is ’n klein span van Kaapstad wat al lank sulke tipe stories vertel. Ons het definitief nie sulke nasionale of internasionale erkenning verwag nie.”

Frylinck sê as Suid-Afrikaners dink ’n mens nooit jy gaan sulke internasionale erkenning kry nie. “Ons voel asof ons op die oomblik in ’n droom vasgevang is.

“Wat die Oscars betref, dink ek ons kanse is maar 50/50. Dit is ’n baie sterk kategorie met briljante stories. Ons hoop maar net vir die beste!”


Meer oor:  My Octopus Teacher  |  Dan Plato
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.