Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Plundery: Mense van Jhb kan vra vir herwaardasie

Die Johannesburg-metro sê inwoners kan die metroraad nader om hul eiendom te laat herwaardeer as dit in die onlangse plundery in Gauteng beskadig is.

Die metro sê in ’n verklaring die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting maak daarvoor voorsiening dat ’n aanvullende waardering gedoen kan word.

“Die beskadigde gebou sal waardeer word met inagneming van die omvang van die skade, insluitende hoe lank dit sal neem om dit te herstel en die koste van die herstelwerk, wat met die eienaar se hulp verkry kan word,” lui die verklaring.

“Daar moet kennis geneem word dat die skade waarna verwys word, aan die struktuur van die gebou moet wees.”

Personeel van die waardasie-afdeling sal die eiendom inspekteer om die omvang van die skade en die koste daaraan verbonde te bepaal. Wanneer die herstelwerk voltooi is, sal die eiendom weer gewaardeer word.

Inwoners wat wil aansoek doen, kan ’n aansoekvorm aanvra deur ’n e-pos na valuationenquiries@joburg.org.za te stuur of 011 407 6622 of 011 407 6597 te bel.

Die voltooide aansoekvorm moet na valuationenquiries@joburg.org.za gestuur word. Dit moet vergesel word van ’n verslag oor die koste van die herstelwerk, asook ’n tydsraamwerk van hoe lank die herstelwerk gaan duur.

Meer oor:  Johannesburg  |  Plundery En Geweld  |  Onluste  |  Eiendom  |  Kzn-Herstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.