Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
R100 m. gaan in noorde en Uitenhage bestee word

Meer as R100 miljoen van die meevaller van R200 miljoen wat die Nelson Mandelabaai-metro by die nasionale tesourie ontvang het, gaan op projekte in die noordelike gebiede en in Uitenhage bestee word.

Lance Grootboom van die ACDP. Foto: Argief

Dié finansiële inspuiting is te danke aan die metro wat 100% van sy ontwikkelingstoelae vir stedelike vestiging (USDG) voor die einde van die boekjaar bestee het.

Raadslede van al die politieke partye was ten gunste van hoe die geld bestee gaan word, en het verlede Dinsdag op ’n raadsvergadering die groen lig gegee.

Dinsdag se besluit kom nadat raadslede op ’n vorige raadsvergadering koppe gestamp het oor presies hoe die geld ingedeel gaan word.

Luidens die verslag, wat uitstippel hoe die geld ingedeel moet word, gaan R32 miljoen aan die Ibayi-kluster, R43 miljoen vir Motherwell en R24 miljoen vir die res van die stad.

Die geld gaan onder meer gebruik word om paaie te teer, die opknapping van oop openbare ruimtes, beligting en om onwettige kragherleidings te verwyder.

Lance Grootboom van die ACDP sê sy party het vir die inwoners van Uitenhage baklei om ’n regverdige deel van die koek te kry.

Grootboom sê die R50 miljoen wat in Uitenhage bestee gaan word, is goeie nuus, want die munisipaliteit skeep dié inwoners dikwels af.

Hy sê die geld gaan veral ’n verskil maak in Langa, Rosedale, Blikkiesdorp, Gerald Smith, Kabah en die omliggende gebiede.

“Oop ruimtes gaan in parkies omskep word, informele gebiede waar misdade voorkom, sal belig word, en kraglyne gaan aangelê word vir diegene wat nie krag het nie.

“Die ACDP is tevrede met die uitkoms,” sê hy.

Marlon Daniels van die Patriotic Alliance (PA), wat hom met die probleme van inwoners in die noordelike gebiede bemoei, het gesê die metro se komitee oor begroting en tesourie moet vergaderings met die betrokke amptenare belê om te sê hoe die geld bestee gaan word.

Daniels sê die metro moenie herhaal wat gebeur het met die geld wat bedoel was vir die skoonmaak van dreine in die stad nie. Die stad kon nie verklaar wat van die miljoene rande geword het nie.

“Sekere maatskappye het net gewag om die geld te plunder.”

Die nasionale tesourie se voorwaarde aan die munisipaliteit is dat die geld voor die einde van Junie bestee moet word.

Meer oor:  Acdp  |  Nelson Mandelabaai-Metro  |  Uitenhage
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.