Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
R122 m. se skoon water lek uit stelsel in Emfuleni

Water ter waarde van byna R122 miljoen is weens lekplekke en stukkende pype van 1 Julie tot 31 Desember 2017 in Emfuleni (Vereeniging, Vanderbijlpark en Sebokeng) verloor.

Kingsol Chabalala, die DA se verteenwoordiger in die Gautengse provinsiale wetgewer, het Woensdag gesê Uhuru Moiloa, Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) het op ’n vraag oor waterlekke in Emfuleni gesê dié plaaslike owerheid het in die laaste ses maande van verlede jaar R121 934 382,76 se water deur stukkende pype of diefstal verloor.

Chabalala sê hierdie water wat verlore is, is of gesteel of het deur lekke in die strate van die woonbuurte beland nadat pype gebars het.

Hy sê dit is “onaanvaarbaar” dat soveel skoon water deur Emfuleni vermors word.

“Water is ’n skaars hulpbron, sê Chabalala.

Chabalala sê hy sal aanhou vrae vra om te probeer vasstel hoe dit gebeur het dat soveel water verlore gegaan het.

Hy het daarop gewys dat hierdie waterverliese voorkom kon word as Emfuleni betyds ingegryp en lekkende pype herstel het en inwoners gevra het om lekke te rapporteer.

“Hierdie miljoene rande aan waterverliese kon gebruik word om Emfuleni se skuld aan Rand Water te betaal.

“Hierdie kwessie is net weer eens ’n bewys daarvan dat die plaaslike owerheid nie ’n effektiewe moniteringstelsel het om lekplekke en gebarste pype op te spoor nie,” sê Chabalala.

Die DA het ’n beroep op Moiloa gedoen om dringend by Emfuleni in te gryp en streng maatreëls in te stel om waterlekkasies betyds op te spoor.

Chabalala sê hy sal aanhou vrae vra om te probeer vasstel hoe dit gebeur het dat soveel water verlore gegaan het.

* Waterpype in Vereeniging het einde 2017 gebars toe Rand Water waterdruk verminder het omdat Emfuleni nie sy waterskuld betaal nie.

Jacob Khwabe, burgemeester, en sy komitee het voor Rand Water se kantore geprotesteer oor die swak waterdruk. Rand Water het hierna die toevoer na Emfuleni heeltemal oopgedraai. Ou pype in Vereeniging het gebars.

Rand Water het Woensdag weer die druk in Emfuleni se krane met 40% verminder omdat die plaaslike owerheid nie sy skuld van meer as R419 miljoen betaal nie.

Meer oor:  Rand Water  |  Emfuleni  |  Vanderbijlpark  |  Vereeniging  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.