Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
R131 m. om kragstasie in Jhb op te knap

Die Johannesburg-metroraad het onlangs R131 miljoen bestee om die 40 jaar oue Wilropark-substasie op te knap.

Herman Mashaba, burgemeester, het Donderdag gesê die substasie is een van 11 groot substasie-opknappings waaraan City Power tans werk.

kragstasie, city power
Die Johannesburg-metro is besig om sy kragstasies op te gradeer. Foto: joburg.org.za

“Voordat die opknappings begin het, het die substasie reeds veel langer as 40 jaar bestaan. Die toerusting het ook sy gemiddelde lewenspan oorskry.”

In ’n poging om kragonderbrekings in Wilropark en omliggende dele te bekamp, is drie 45MVA-transformators geïnstalleer.

“Dié opknappings is die sleutel tot stabiliteit in die gebied waar elke opknapping bydra tot ’n beter kragtoevoer in die geheel.”

Die Wilropark-substasie voorsien krag aan ongeveer 5 000 huishoudelike en sakekliënte in die Roodepoort-gebied asook die gebiede van Wilropark, Princess Crossing, Princess Roodekrans, Helderkruin en Breaunanda.

Mashaba het gesê die substasie se veiligheidstandaarde is ook verbeter, wat die risiko vir beserings teenwerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.