Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
R341 m. vir vuil Vaal opsy gesit

Bykans R341 miljoen is opsy gesit om die rioolwatersuiweringsaanlegte in die Vaaldriehoek te herstel.

Gugile Nkwinti, minister van water en sanitasie, het Vrydag dié aankondiging gedoen en die hoop uitgespreek dat dit verdere besoedeling van die Vaalrivier sal keer.

Dié foto’s van die rioolwater wat in die straat afloop, is in die sake- gebied van Vanderbijlpark geneem. Foto’s: SAVE THE VAAL ENVIRONMENT VIA FACEBOOK

Die bewaringsgroep Save the Vaal Environment (Save) het enkele dae tevore foto’s van die rioolwater in die strate van Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek op sy Facebook-blad gedeel.

“Vanderbijlpark is een van die dorpe wat stadig letterlik in ’n rioolput wegsink,” skryf die groep.

“Die nasionale regering sleep voete om ’n oplossing en finansiering vir die vervalle rioolwerke van drie rioolsuiweringsnetwerke en 44 pompstasies te kry. Weens die druk stort die rioollyne ineen,” lui die inskrywing.

Nkwinti het gesê hy glo wanneer al die rioolsuiweringsaanlegte in ’n werkende toestand is, sal dit help om die besoedeling in die Vaalrivier hok te slaan.

“Dit lyk soos Venesië wat in seewater wegsink,” skryf Neil Anthony Peter Millward in die kommentare by dié foto.

Dié geld sal onder meer ook gebruik word om 250 mense op te lei as loodgieters en skrynwerkers asook om mense se landbouvaardighede op te skerp.

Die Suid-Afrikaanse weermag sal ook 2 000 mense oplei om die 44 pompstasies te beman totdat die projek voltooi is, waarskynlik teen Maart aanstaande jaar.

Nkwinti het daarop gewys dat sowat 120 000 huishoudings voordeel sal trek uit die jongste opgraderings by die Sebokeng-suiweringsaanleg, wat teen Mei voltooi behoort te wees.

Die volgende fase van die projek sal na raming in Julie begin. Die nuut gestigte bestuursagentskap vir die Vaal-opvangsgebied sal voortaan ook die waterbronne in die gebied beskerm.

Van die take wat die agentskap sal verrig, is onder meer om die toestand van die water en die rivier te monitor en om besoedeling aan te meld en oortreders vas te trek, het Nkwinti gesê.

Daar word ook van die agentskap verwag om mense bewus te maak en in te lig oor die beskerming van die waterbronne en om lisensies vir die gebruik van water uit te reik.

Meer oor:  Gugile Nkwinti  |  Vaalrivier  |  Omgewing  |  Besoedeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.