Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
R3,8 m. se bates van NMB ‘verdwyn’

Die Nelson Mandelabaai-metro krap kop oor presies hoe R3,8 miljoen se bates soos grassnyers, lessenaars en stoele net spoorloos verdwyn het.

Luidens ’n verslag oor die fisieke verifikasie van munisipale bates, kan die metro nie rekenskap van 10 290 bates gee wat oor drie opeenvolgende jare sedert 2014 soos mis voor die son verdwyn het nie.

Die lys van goedere sluit in rekenaars, kantoortoerusting, tafels, stoele, lessenaars, kaste, brandbestrydingstoerusting, grassnyers, mediese- en radiotoerusting en sekuriteitstelsels.

Die topdrie vermiste items is 2 859 stoele, 2 409 stuks rekenaarapparatuur, en 1 634 tafels en lessenaars.

Die grootste enkele geldelike verlies is die rekenaarapparatuur (R1,3 miljoen).

Raadslede van verskillende partye het gal gebraak oor die bedrag geld wat afgeskryf moet word, asook oor die onverantwoordelikheid wat daartoe gelei het dat die items verdwyn het.

Meer oor:  Bates  |  Verdwyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.