Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Raad: ‘Dolomiet rede dat water verlore gaan’

Die Merafong-munisipaliteit aan die Wes-Rand sê hy het nie in die 2016-’17-boekjaar sowat R43 miljoen se water gemors nie, maar die waterverlies is weens dolomitiese grondtoestande veroorsaak.

Die toestande het die verlies aan twee hoofreservoirs tot gevolg gehad.

“Die munisipaliteit wou hierna verseker dat Carletonville en Khutsong deurlopend watertoegang het, dus is die water direk van Rand Water se hoëdruklyne verskaf,” sê Chris Spies, kommunikasiebestuurder.

“Die waternetwerk is nie ontwerp om die hoë drukking te hanteer nie en verskeie pype in die area het gebars wat tot waterverlies gelei het.”

Spies se kommentaar volg op die berig “Gauteng mors R3 mjd. se water” (04.07.2018).

“Die munisipaliteit het egter geen ander opsie gehad om die water te verskaf nie. Die situasie is wel verbeter toe addisionele drukbestuurskleppe geïnstalleer is.”

Onwettige myners het ook die waterinfrastruktuur beskadig.

“Die munisipaliteit het die myners by die polisie aangemeld toe hy van die skade bewus geraak het.”

Boonop dra die verouderde infrastruktuur in groot dele by tot die waterverlies.

“Die munisipaliteit het sedertdien verskeie stappe gedoen om die verlies te kniehalter. Dit sluit in die installasie van voorafbetaalde watermeters en ’n projek om die skade wat die dolomitiese grond veroorsaak te herstel.

Die projek word deur die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die departement van water en sanitasie gefinansier.

Meer oor:  Beeld Metro-Suid  |  Water
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.