Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Raad ontbind: Nuwe verkiesing kom in Metsimaholo

Die enigste Vrystaatse stadsraad wat nie deur ’n ANC-meerderheid beheer word nie, is Vrydag ontbind in opdrag van Ace Magushule, premier van die Vrystaat.

Tiisetso Makhele, segsman van die premier, sê in ’n verklaring die stadsraad van Metsimaholo, wat Sasolburg, Deneysville en Oranjeville bedien, het na talle oproepe en aanmanings nie sy begroting ingedien nie.

’n Nuwe verkiesing sal nou gehou moet word.

Die raad het gebuk gegaan onder politieke probleme.

Die DA, EFF en VF Plus het saam 21 raadslede terwyl die ANC en die Metsimaholo Civic Association (MCA) ook 21 raadslede het.

Patricia Kopano, leier van die DA in die Vrystaat, sê die ANC kon daarom nie die nuwe begroting goedgekeur kry nie. Sy sê die begroting was gebrekkig en nie tot voordeel van die inwoners nie en daarom het die opposisie geweier om net “ ’n rubberstempel te wees.”

Makhele sê die Munisipale Wet op Bestuur en Finansies bepaal dat alle munisipaliteite 30 dae voor die begin van die nuwe finansiële jaar op 1 Julie hul begroting moet goedkeur.

Die LUR van finansies, Elzabe Rockman, het op 1 Julie die uitvoerende burgemeester van Metsimaholo, Sello Hlasa, ingelig oor die gevolge daarvan om nie die begroting goed te keur nie.

Ondanks al die pogings het die stadsraad nooit die begroting goedgekeur nie en het die Vrystaat se provinsiale uitvoerende komitee die stadsraad ontbind.

Moses Moremi is as administrateur van die munisipaliteit aangewys.

Moremi is volgens Makhele ’n baie ervare administrateur met goeie kennis van plaaslike regering.

Hy sal die pligte van die raad uitvoer totdat ’n nuwe raad verkies is.

Net werknemers wat as politieke ampsdraers in die raad dien, sal hul poste verloor. Hul salarisse, asook dié wat deur die Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit betaal word, sal gestop word, sê Makhele.

Geen ander werknemers word deur die ingryping geraak nie en sal soos gewoonlik hul salarisse en ander byvoordele ontvang.

Die DA, EFF, MCA en VF Plus het ná die munisipale verkiesing verlede jaar die raad beheer. Kopano sê die DA het egter bewus daarvan geword dat Hlasa, van die MCA, met die ANC konkel en die MCA is hierna uit die koalisie geskop.

Hlasa het, terwyl hy deel van die koalisie was net ANC-lede op van die komitees aangestel.

Daar was volgens Kopani selfs planne om die speaker, Arnoldi du Plooy, te vermoor.

Die DA het klagte van sameswering tot moord en korrupsie by die polisie ingedien. Die saak word ondersoek.

Kopano sê daar sal nou ’n nuwe munisipale verkiesing in die drie dorpe uitgeroep moet word.

Meer oor:  Verkiesing  |  Raad  |  Da  |  Ontbind
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.