Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Raadslid ontken hy het brief oor tender uitgestuur
Raadslid Jonathan Lawack (middel) het Donderdag saam met sy mederaadslede van die DA, Morné Steyn (links) en Gustav Rautenbach, ’n klag teen Andile Lungisa van die ANC aanhangig gemaak. Foto: Lulama Zenzile

Die ANC se Andile Lungisa, burgemeesterskomiteelid vir infrastruktuur en ingenieurswese in die Nelson Mandelabaai-metro, is in die sop oor sy beweerde inmenging by ’n munisipale tender.

Jonathan Lawack, DA-raadslid en die voormalige speaker van die metroraad, het Donderdag ’n strafregtelike klag hieroor teen Lungisa by die Humewood-polisiekantoor ingedien.

Lawack het besluit om die klag aanhangig te maak omdat Lungisa volgens hom doelbewus die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur oortree het.

Volgens Lawack dien ’n brief wat onlangs na bewering deur Lungisa uitgestuur is en waarin hy eienaars van plaaslike maatskappye vra om vir die bou van ’n konstruksie-aanleg te tender, as bewys.

Lawack sê ingevolge wetgewing is raadslede nie veronderstel om betrokke te raak by enigiets wat met tenders verband hou nie. Hulle mag ook nie inmeng by die metro se voorsieningsketting nie.

“Hoewel Lungisa ontken hy het die brief uitgestuur en beloof het om ’n interne ondersoek na die voorval te doen, moet die polisie dit steeds dringend ondersoek,” sê Lawack.

Hy het reeds ’n brief aan die speaker, Buyelwa Mafaya, geskryf om te vra dat die aangeleentheid na die metro se reëls-en-etiekkomitee verwys word.

Volgens die DA het die metro se geldsake en dienslewering onder leiding van die “ANC-koalisie van korrupsie” skade gely. Lawack sê die DA se harde werk is binne twee jaar deur die ANC-koalisie ongedaan gemaak.

Hy glo dit is net sy party wat die metro van ’n finansiële ineenstorting kan red, en wat dienslewering weer spoedig op dreef kan kry.

Lungisa kon nie Donderdagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

Jonathan Lawack beweer Andile Lungisa het by tenderprosesse van die metro ingemeng, toe hy dié brief glo uitgereik het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.