Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Rassistiese uitlatings op Facebook oor betogers ondersoek

’n Saak van crimen injuria word ondersoek nadat ’n vrou op Facebook glo na betogers as “swart ape” verwys het te midde van ’n onlangse diensleweringsbetoging in Makhanda (Grahamstad).

Die polisie op die toneel in Makhanda tydens verlede week se diensleweringsbetogings.

Die kommentaar, waarin die Facebook-gebruiker ook die k-woord gebruik, het verlede week op Facebook verskyn, glo in reaksie op die gewelddadige betogings wat drie dae op die dorp geheers en tot die tydelike sluiting van verskeie ondernemings en skole gelei het.

Die betogers het op paaie in en om die dorp onder meer oor swak dienslewering en vervalle infrastruktuur betoog. Oscar Mabuyane, Oos-Kaapse premier, het ingegryp deur Xolile Nqatha, LUR vir samewerkende regering, na die dorp te stuur, waar hy die Makana-munisipaliteit 14 dae gegee het om sy dienslewering te verbeter.

Die inskrywing lui verder dat 'wit mense altyd beter sal wees as die res van julle' en 'julle k****** dwing jul kinders by ons skole in'.

Die inskrywing lui verder dat “wit mense altyd beter sal wees as die res van julle” en “julle k****** dwing jul kinders by ons skole in, maar ek skat dit is waarvoor julle gestem het. Hou aan vir die ANC stem en los ons uit.”

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê ’n saak van crimen injuria word ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die saak is verlede week deur die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) aanhangig gemaak.

Siyabonga Mdodi, provinsiale woordvoerder van die SAKP, sê as ’n organisasie wat hom vir ’n nierassige gemeenskap beywer, het sy leierskap in Makhanda saamgestem dat stappe gedoen moet word.

Hy sê rassisme is ’n psigo-sosiale en ekonomiese aangeleentheid wat op veelvuldige vlakke hanteer moet word, maar dat die SAKP wil sien dat die betrokke vrou tronk toe gestuur word.

“Die tronkstraf kan as afskrikmiddel dien,” sê hy.

Benewens die tronkstraf wil die SAKP hê gemeenskapsdiens moet by ’n plaaslike gemeenskapsorganisasie gedoen word.

Naidu sê die polisie ondersoek nog die aangeleentheid. Sodra die polisieondersoek afgehandel is, sal die saak na die nasionale vervolgingsgesag verwys word vir ’n besluit oor vervolging.

Meer oor:  Crimen Injuria  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.