Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Reën laat noodwerkers skarrel in George
’n Stroom wat Sondag sterk vloei naby Witfontein in George. Foto: George-munisipaliteit

Swaar reën die afgelope naweek in die George-omgewing het nooddienswerkers behoorlik laat bontstaan.

Dit het 80 mm in die opvangsgebied van die Tuinroetedam gereën, sê die munisipaliteit. ’n Aantal inwoners moes weens oorstromings en ander skade hul huise ontruim.

Van Sondagoggend vroeg het die munisipaliteit se brand-, reddings-en-rampbestuursafdeling 73 matrasse, komberse en 100 gesigmaskers verskaf aan die dakloses. Gesinne word tydelik in die gemeenskapsale in Pacaltsdorp en New Dawnpark gehuisves, terwyl inwoners van Wildernishoogte in die Hope-kerk skuiling moes vind.

Die munisipale noodoproepsentrum het van Vrydag tot Sondag honderde oproepe hanteer. Hiervan was 73 oor stormwater, vyf oor motorongelukke, sewe oor brande in informele huise, 216 oor siviele ingenieurswerke en tegniese klagtes, en 70 oor elektriese foute, luidens ’n verklaring.

Die afdeling vir menslike nedersettings het sowat 200 klagtes hanteer, waarvan die meeste versoeke vir rolle plastiek was. Sondag is 111 rolle plastiek in die geraakte gemeenskappe afgelewer en die res van die klagtes is Maandag hanteer.

Elektrotegniese spanne het kragonderbrekings in plekke soos Wildernis en Parkdene hanteer.

Spanne van die afdeling siviele ingenieurswerke het herstelwerk aan drie paaie en verskeie pyplyne gedoen.

’n Inlaat by die Gwaing-rioolwerke was verstop weens deeltjies wat deur ’n filter by die pompstasie gevloei het. Die see by Ballotsbaai is ook besoedel weens gemors wat weens die swaar reën stroomaf in die Meulenrivier gespoel het. Die stormwater het ook die Welgelegen-pompstasie oorstroom en skoonmaakoperasies het gevolg.

Die Katrivier Sondag soos gesien vanaf Davidsonstraat in George. Foto: George-munisipaliteit

Meer oor:  George  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.