Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Rioolvuil beland in see by Stilbaai

Rioolvuil het Saterdag in die see by die kusdorpie Stilbaai in die Suid-Kaap beland nadat ’n pomp by ’n rioolpompstasie gebreek het.

Die voorval is Saterdag kort voor 08:00 onder die aandag van die Hessequa-munisipaliteit gebring toe die rioolvuil by die westelike strand in Stilbaai in die see beland het.

“ ’n Pomp by ’n rioolpompstasie het gebreek,” sê Johan Jacobs, munisipale bestuurder van die Hessequa-streek. “Maar ons het dadelik vier tenkwaens gebruik en die rioolvuil by die pompstasie uitgepomp en die pomp vervang.”

Volgens hom is die probleem gou opgelos.

Op die Facebook-blad Stilbaai Publieke Groep het mense onder meer gekla oor die rioolwerke se stank wat gedurende Desember ondraaglik was. Volgens kommentaar op die blad is daar ook geskiedkundige besoekpunte soos die visvywers waar die stank ondraaglik is en duur eiendomme waarvan die waarde blykbaar daal weens die reuk.

Van die mense sê daar moet begroot word vir Stilbaai se groot getalle vakansiegangers. Ander het gevra of dit moontlik is om ’n nuwe rioolplaas te bou en wat die koste daarvan sal wees. Nog mense op Facebook het die munisipaliteit vir sy goeie diens bedank.

Meer oor:  Hessequa-Munisipaliteit  |  Stilbaai  |  Rioolvuil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.