Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Rioolvuil in strate ontstel Carletonville

In Carletonville moet sommige inwoners deur rioolwater loop om by hul motors uit te kom.

So sê Ben van der Berg, VF Plus-raadslid in Merafong.

“Dié scenario het Maandagoggend vir die soveelste keer in Suidstraat afgespeel toe rioolwater in die strate en op sypaadjies afgestroom het.

“In sekere gevalle het die rioolwater in mense se erwe ingevloei,” sê Van den Berg.

“Die munisipaliteit kry telkens die situasie in bedwang, maar dit is van korte duur.

“Ná maande is die riool-stelsel tans weer verstop.

“Niks word gedoen om ou pype te vervang nie.”

Hy sê dit hou ’n gesondheidsrisiko vir mens en dier in.

Meer oor:  Carletonville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.