Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Munisipaliteite
Rosestad se uitbreiding: Registreer en neem deel

Inwoners word aangemoedig om te registreer as belanghebbendes in Bloemfontein se ruimtelike ontwikkelingsraamwerk, sodat almal deel kan word van die toekomstige beplanning van die stad.

Die noorde van Bloemfontein met Woodland Hills ingesluit. Die wit gedeeltes wys hoe die stadsgrense met groot ontwikkelings uitgebrei het van 1984 tot en met 2019. Foto: Verskaf

Tjaart van der Walt, ’n DA-raadslid van die Mangaung-metro, sê belanghebbendes moet as sodanig voor Vrydag 20 September registreer. Só kan hulle insae kry oor wat vorentoe met die stad beoog word, en kan hulle ook hul insette gee.

Hy sê die ruimtelike ontwikkelingsraamwerk dui aan watter soort ontwikkelings op watter stukke grond toelaatbaar is.

Ander kwessies waaraan die ruimtelike ontwikkelingsraamwerk aandag sal gee:

  • Hoe kan nuwe en ouer ontwikkelings en gemeenskappe aangepas word om die impak van klimaatsverandering teen te werk?
  • Waar moet die stedelike grens wees? Dit is ’n lyn wat die stadsgrense aandui. Verdigting word binne dié grense aangemoedig en daarbuite word dit ontmoedig. Dit is om die impak op die natuur te beperk en om bestaande infrastruktuur ten volle te benut.
  • Is Bloemfontein steeds verbind tot sy kompakterings-doelwitte? Met ander woorde om verdigting ten opsigte van behuising, sakeondernemings en nywerhede op bestaande ontwikkelingsgrond aan te moedig. Indien wel, wat beteken dit vir gemeenskappe wat vasskop teen verdigting en die diversifisering van grondgebruik?
  • Wat van die N8-deurgangsroete en die Bram Fischer-ontwikkelingsnode, waaraan reeds tienvoudige miljoene rande bestee is, maar wat tans stilstaan? Daar is onder meer ’n groot reservoir op Naval Hill gebou met pype wat na die ontwikkelingsnode aangelê is, maar wat tans in onbruik is.
  • Die verskuiwing van die Bloemfonteinse dieretuin na Kwaggafontein. Wat moet word van die grond waarop die dieretuin tans is?
  • Hoe word weggedoen met die oorblyfsels van ruimtelike ontwikkeling uit die apartheidsjare en hoe word maatskaplike geregtigheid bevorder?
  • Wat moet by die Sewe Damme-bewaringsgebied gebeur?

Belangstellendes wat wil registreer, kan dit doen deur ’n e-pos te stuur na Tilfred.Mabusa@Mangaung.co.za. Vir navrae bel 051 405 8231.

Belangstellendes kan ook kamer 818 in die Bram Fischer-gebou besoek.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Registrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.